ANC se 'vernietigende swartbemagtigingsnet versprei na eiendomsektor'

--:--
Die DA sê die Reguleringsowerheid vir Eiendomspraktisyns het sy voorneme verklaar om die uitreiking of hernuwing van Getrouheidsfonds-sertifikate vir ondernemings met minder as 40 punte op 'n swartbemagtigings-telkaart te weier. Die party sê die owerheid probeer dit in werklikheid onwettig maak om 'n eiendomsverwante onderneming te bedryf sonder om aan swart ekonomiese bemagtiging te voldoen. Die DA-lid, Michael Bagraim, sê dit is 'n skande dat die ANC weer probeer om die sertifikate as 'n politieke instrument te gebruik in 'n land wat binne die raamwerk van 'n Grondwet funksioneer.
3 May 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Wat het geword van Otji se verwysingshospitaal?

Konstruksie van die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo sou ses jaar terug begin het. Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese dollar vir die konstruksie begroot. Die destydse adjunk-gesondheidsminister Juliet Kavetuna het ses jaar gelede met NBC gepraat.
19 May 2AM 1 min

Shaningwa ontken Stina Wu was saam in China

Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, het bewerings dat sy saam met die sakevrou Stina Wu en die uitvoerende hoof van die verkiesingskommissie, Petrus Shaama in China was, weerlê. Shaningwa het Vrydag uit China aangekom waar sy vergaderings met die Chinese Kommunistiese Party gehad het. Sy het met die Windhoek Observer…
19 May 12AM 1 min

Hill-Lewis vra gebede vir 11 vissermanne

Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis vra gebede vir die families van die 11 vissermanne wat nog ter see vermis word nadat 'n treiler Vrydag gesink het. Die Nasionale Seereddingsinstituut en ander reddingsdienste soek steeds na die vermiste vissermanne. Die NSRI het bevestig nege van hulle kollegas is vroeër gered…
19 May 12AM 1 min

Farm 37: So lyk die beplanning

Families in Walvisbaai wat in plakkerskampe woon word tans verskuif na Farm 37 buite die dorp. Die area is bekend onder inwoners as Green Valley en kan potensieel sowat 30 000 inwoners huisves. 'n Raadslid van Walvisbaai, Ryan Gordon, het vroeër sy kommer uitgespreek dat die gebied dalk nie reg…
18 May 11PM 1 min