LGBT: SPYL sê almal is gelyk en almal moet gelyk behandel word

--:--
Inwoners van 7de Laan in Otjomuise in Windhoek steier steeds van skok na die grusame moord op die 30-jarige Christof Fredricks. Hy was 'n lid van die LGBT-gemeenskap en sy verminkte liggaam, met sy privaatdele afgesny, is die week in 'n rivierbedding ontdek. Sy dood bring die aantal lede van die gemeenskap wat in die afgelope jaar in haatmisdade vermoor is, op ses te staan, volgens die Equal Rights beweging. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, gepraat oor die liga se standpunt oor die moord op lede van die LGBT-gemeenskap.
5 May 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

'n Vyfde van Afrika-kinders onder 17 aanlyn geteister

Verdoemende nuwe verslae van twee van Afrika se voorste kinderregtegroepe het die skokkende toename in aanlyn seksuele uitbuiting en mishandeling van kinders oor die hele vasteland ontbloot. Van die bevindinge van die African Child Policy Forum en ChildFund is dat in sommige lande ongeveer 'n vyfde van kinders onder 17…
18 May 5AM 1 min

Cyril vol vertroue ANC sal wen

Die ANC-president Cyril Ramaphosa is vol vertroue oor die steun vir die party in die verkiesing van 29 Mei. Ondanks vooruitskattings van steun wat afneem, sê Ramaphosa die ANC staan steeds sterk. Hy het tydens 'n veldtog in Greytown, KwaZulu-Natal, aan ondersteuners gesê hy is seker die party se aanhangers…
18 May 5AM 1 min

Eerste stap na vrede in Sudan is bereik

Die regering van Suid-Sudan en rebelle-opposisiegroepe het 'n belofte onderteken vir 'n vredesverklaring tydens hoëvlak-bemiddelingsamesprekings in Kenia. Die ooreenkoms wil die konflik beëindig wat Suid-Sudan se ekonomie lamlê. Die besonderhede is nie bekendgemaak nie, maar dit is 'n mylpaal in die voortgesette Tumaini-inisiatiefsamesprekings. Die bemiddellaar en afgetrede Keniaanse spesiale afgevaardigde…
18 May 3AM 1 min

Troy-skieter Willem Goosen krimineel aangekla, ook poging tot moord

Kriminele klagte is teen die Grootfontein-boer Willem Goosen aanhangig gemaak. Daar is tien in totaal met twee wat poging tot moord insluit. Die sake spruit uit die skietvoorval middel April op Goosen se plaas waar die Belgiese Malinois Troy twee keer geskiet is. Hy en sy hanteerder het spoorgesny na…
18 May 2AM 1 min

Bek-en-klouseer: Regering te stadig in Oos-Kaap

Die DA sê die Departement van Landbou is traag om te reageer op die bek-en-klouseer-uitbreking in die Oos-Kaap, 'n sleutel-beesvleis-vervaardigingstreek waar hoë werkloosheid 'n probleem is. Die party sê ondanks die feit dat die siekte onder staatsbeheer val, is maatreëls wat deur plaaslike landbouliggame voorgestel is om dierebeweging te beheer,…
18 May 12AM 1 min