Numsa verwelkom tweejaar-loonooreenkoms

--:--
Die Metaalwerkersvakbond, Numsa, het die tweejaar-loonooreenkoms verwelkom wat in die passasiersbus-sektor bereik is. Die ooreenkoms sluit verhogings in op basiese salarisse van vyf-persent vir vanjaar en 6,5-persent volgende jaar. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die ooreenkoms wat by die Suid-Afrikaanse Padpassasier-bedingingsraad onderteken is, sluit ook in dat werkgewers op 'n 50/50-verdeling sal bydra tot primêre gesondheidsorgdekking vir werkers:
6 May 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Landbou ondersoek sonkrag, NamPower raak te duur

Die gebruik van sonkrag vir besproeiing by groenskema-projekte om elektrisiteitskoste te verminder word deur die landbou-ministerie ondersoek. Sommige projekte betaal tot 400 000 Namibiese dollar per maand aan kragrekeninge. Die sonkrag-inisiatief kan rekeninge potensieel met tot 90 persent verlaag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die ministerie se…
19 May 3AM 1 min

GBV kry aandag onder Project Hope

In hul stryd teen geweld teen vroue, het die SASA! Together-inisiatief sy eerste groep van 16 gemeenskapsaktiviste en 14 leiers uit die Tobias Hainyeko-kiesafdeling in die Khomas-streek bekragtig. Charlene Uakuramenua, Project Hope Namibië se senior geslagsadviseur, het tydens die bekendstelling gesê die 30 opgeleide individue sal hul onderskeie gemeenskappe betrek…
19 May 3AM 1 min

Trump onderskryf deur NRA, belowe om wapen-eienaarskap te beskerm

Presidentskandidaat Donald Trump is in Houston, Texas, deur die National Rifle Association onderskryf. Die vereniging is ‘n magtige liggaam in die VSA en is geallieerd met die Republikeinse-party. Trump sê hy sal alles doen om wapen-eienaarskap, ‘n uiters omstrede kwessie, in die VSA te beskerm.
19 May 3AM 1 min

Wat het geword van Otji se verwysingshospitaal?

Konstruksie van die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo sou ses jaar terug begin het. Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese dollar vir die konstruksie begroot. Die destydse adjunk-gesondheidsminister Juliet Kavetuna het ses jaar gelede met NBC gepraat.
19 May 2AM 1 min

Shaningwa ontken Stina Wu was saam in China

Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, het bewerings dat sy saam met die sakevrou Stina Wu en die uitvoerende hoof van die verkiesingskommissie, Petrus Shaama in China was, weerlê. Shaningwa het Vrydag uit China aangekom waar sy vergaderings met die Chinese Kommunistiese Party gehad het. Sy het met die Windhoek Observer…
19 May 12AM 1 min