LGBT-moorde: Iemand moet iets sê

--:--
Die grusame moord op 'n lid van die LGBT-gemeenskap in Otjomuise in Windhoek het 'n herrie laat losbars oor vermeende haatmisdaad-moorde op lede van die gemeenskap. Die lyk van die 30-jarige Christof Fredricks is in 'n rivierbedding ontdek, met sy privaatdele afgesny. Aktiviste sê hierdie misdade het begin toeneem nadat die Nasionale Vergadering verlede jaar die Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo se sogenaamde anti-gay-wetsontwerpe goedgekeur het. Volgens die Namibia Equal Rights Movement is ses lede van die LGBT-gemeenskap sedertdien vermoor. Die Regshulpsentrum het ook kommer uitgespreek oor die onlangse vlaag van gewelddadige misdade teen vroue, kinders en die LGBT-gemeenskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat 'n beroep doen op parlementslede, Jerry Ekandjo en die kerke van Namibië, om iets daaroor te sê.
6 May 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Shaningwa ontken Stina Wu was saam in China

Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, het bewerings dat sy saam met die sakevrou Stina Wu en die uitvoerende hoof van die verkiesingskommissie, Petrus Shaama in China was, weerlê. Shaningwa het Vrydag uit China aangekom waar sy vergaderings met die Chinese Kommunistiese Party gehad het. Sy het met die Windhoek Observer…
19 May 12AM 1 min

Hill-Lewis vra gebede vir 11 vissermanne

Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis vra gebede vir die families van die 11 vissermanne wat nog ter see vermis word nadat 'n treiler Vrydag gesink het. Die Nasionale Seereddingsinstituut en ander reddingsdienste soek steeds na die vermiste vissermanne. Die NSRI het bevestig nege van hulle kollegas is vroeër gered…
19 May 12AM 1 min

Farm 37: So lyk die beplanning

Families in Walvisbaai wat in plakkerskampe woon word tans verskuif na Farm 37 buite die dorp. Die area is bekend onder inwoners as Green Valley en kan potensieel sowat 30 000 inwoners huisves. 'n Raadslid van Walvisbaai, Ryan Gordon, het vroeër sy kommer uitgespreek dat die gebied dalk nie reg…
18 May 11PM 1 min

Nederige Usyk maak geskiedenis in Riaad

Tyson Fury het op 'n dramatiese aand in Saoedi-Arabië 'n nederlaag met 'n verdeelde-beslissingspunte gely toe Oleksandr Usyk boks se eerste viergordel onbetwiste swaargewigkampioen geword het. Fury het oortuig van 'n oorwinning gelyk voordat Usyk in trane uitgebars het toe hy as die wenner bevestig is. Dit is die 35-jarige…
18 May 11PM 1 min