De Lille het lof vir toerisme-syfers, help met ekonomie
--:--
Die minister van Toerisme Patricia de Lille verwelkom die toename in internasionale besoekers en sê dit is 'n betekenisvolle bydraer tot die ekonomie en werkskepping. Volgens die jongste internasionale aankom-syfers vir Januarie tot Maart vanjaar was daar 2,4-miljoen besoekers, wat 'n toename van 15,4-persent is, vergeleke met die dieselfde tydperk verlede jaar. Die departement se woordvoerder, Zara Nicholson, sê Suid-Afrika het 1,8-miljoen toeriste uit die res van Afrika verwelkom: