Real Madrid veg deur na Kampioeneliga-eindstryd

--:--
Sokker: Die 14-malige kampioen, Real Madrid, het in die tweede deel van die halfeindronde teruggeveg en Bayern Munich met twee-een verslaan om die Kampioeneliga-eindstryd met ʼn vier-drie-totaal te haal. Alphonso Davies het Bayern ʼn voorsprong gegee wat hulle 88 minute lank behou het. Doelskopper Joselu het in die bestek van drie minute twee laat doele aangeteken en Madrid ʼn plek in die eindstryd besorg. Hulle kom op die eerste van volgende maand in Londen teen Borussia Dortmund te staan. Madrid se bestuurder, Carlo Ancelotti, was tevrede met die vertoning.
9 May 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Motorsport helde en heldinne vereer

Die jaarlike motorsport toekenningseremonie is Saterdagaand in die hoofstad gehou. Die glansgeleentheid is deur die Windhoek Motorklub en die Motorsport-federasie aangebied. Francois Lottering was daar.
20 May 2AM 1 min

DA sê dankie vir expats wat stem

Die DA bedank die tien-duisende Suid-Afrikaners wat die naweek oorsee by ambassades en konsulate gestem het. Die DA-leier John Steenhuisen sê in 'n verklaring hulle toewyding, ondanks lang reise en ure in rye, onderstreep hulle liefde vir Suid-Afrika en vasberadenheid om ANC-korrupsie stop te sit. Hy voeg by, die DA…
20 May 2AM 1 min

Rough and Tough ‘n reuse-sukses

Meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar is ingesamel vir die Namibiese Kankervereniging deur die Rough and Tough-tydren. Daar was meer as 330 inskrywings wat deelgeneem het oor die meer as 1 000 kilometer. Die vereniging se uitvoerende hoof Rolf Hansen sê kankersorg sal regoor die land uitgerol word.
20 May 2AM 1 min

Verwysingshospitaal op Otji was verkiesingsfoefie

Die Otjozondjupa verwysingshospitaal was ‘n verkiesingsfoefie. Dit is die mening van die Independent Patriots for Change-party. Die konstruksie van die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo sou ses jaar terug begin het. Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese…
20 May 12AM 1 min