Lae vlak van Zambezirivier wek kommer

--:--
Die vlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het effens gestyg tot 1,63m, volgens die Namibiese hidrologiese dienste se jongste verslag. Die watervlak is egter baie laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 5,10m bereik het. Verlede maand is berig dat honderde seekoeie gestrand en vasgekeer is in modderpoele in die Chobe- en Linyanti-riviere. Die riviere wat die grens tussen Botswana en die Zambezi-streek vorm, het begin opdroog weens onvoldoende reënval. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu oor die situasie gepraat.
9 May 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Malema belowe huise, toilette

Die EFF-leier Julius Malema het die perseel waar die gebou in George ingeengestort het besoek. Malema se besoek val saam met sy verkiesingsveldtog in die Wes-Kaap. Hy het ondersteuners toegespreek in Stellenbosch, en hulle aangemoedig om die ANC uit te skop. Hy beloof om 'n korrupsievrye regering daar te stel…
19 May 11PM 1 min

El Niño noodsaak droogtehulp vir miljoene

Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het die voedselsekuriteit beskerm van meer as 1,6 miljoen mense in 23 lande. Die senior nood- en rehabilitasiebeampte, Dunja Dujanovic, sê dit is moontlik gemaak deur voorkomende maatreëls teen uiterste weerstoestande. Die jongste El Niño is onder die sterkste op rekord, en…
19 May 11PM 1 min

Capricorn plaas weer visier op voedselvermorsing

Die Food Waste Challenge is 'n kompetisie wat deur die Capricorn-stigting geloods is om voedselvermorsing te verminder en werk te skep in Namibië. Voedselvermorsing is ‘n groot uitdaging met 2,5 miljard ton wat jaarliks weggegooi word terwyl miljoene honger ly. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rikus Grobler, die bestuurder…
19 May 5AM 1 min

Dis amper tyd vir ITAS-indiening, kry jou dinge agtermekaar

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, herinner die publiek daaraan om voor te berei vir die indiening van hul ITAS-opgawes op die agentskap se aanlyn-portaal. Steven Ndorokaze, NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die belangrikheid van hierdie proses beklemtoon. He vra ook dat werkgewers hul…
19 May 4AM 1 min

Saftu is ook gekant teen wet oor elektrisiteitsregulering

Die vakverbond Saftu is omgekrap oor die Nasionale Raad van Provinsies se goedkeuring van die Wysigingswetsontwerp op die Regulering van Elektrisiteit. Die woordvoerder, Trevor Shaku voer aan, die wetsontwerp, wat Eskom se monolopie ontbondel en die elektrisiteitsmark oopstel, bevoordeel privaat sektor-belange bó staatseienaarskap. Hulle het in 'n parlementêre voorlegging teen…
19 May 4AM 1 min