McIlroy gaan nie op PGA-beleidsraad dien

--:--
Gholf: Die viermalige Major-wenner, Rory McIlroy, sê hy gaan nie weer by die PGA-toer se beleidsraad aansluit nie. Webb Simpson het na wat berig word verlede maand aangebied om uit die raad te bedank en versoek dat McIlroy sy plek inneem. Die 35-jarige se heraanstelling is onderworpe aan 'n stemmery deur raadslede. McIlroy sê sommige raadslede was ongemaklik oor sy moontlike terugkeer.
9 May 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Volksmoord: Nog 'n datum vir herinneringsdag voorgestel

Die slagoffers van die volksmoord in Namibië is nie in ooreenstemming oor die datum wat as herinneringsdag moet dien nie. Swanu verkies 28 Mei, die dag waarop konsentrasiekampe ontbind is in 1908, terwyl die Ovaherero opperhoof Mutjinde Katjiua 2 Oktober verkies. Dit is die dag waarop die uitroeiingsbevel deur Lothar…
20 May 4AM 1 min

Rassie het meer gedoen vir transformasie as ANC in 30 jaar

Die Vryheidsfront Plus in die buurland sê dit is kommerwekkend dat die Suid-Afrikaanse Rugby-unie voortdurende onder druk van die regering is om sekere transformasie-teikens te behaal. 'n Omvattende oudit van 206-bladsye wat Saru saamgestel het, lui die Springbokke en ander spanne in die land het nie hulle transformasieteikens verlede jaar…
20 May 4AM 1 min

Media: Nuuskamers bestee geld op dekking van politiek, nie omgewing nie

Die Network of African Journalists wat spesialiseer in volhoubare ontwikkeling en klimaatsverandering sê ‘n peiling toon dat 74,7 persent van joernaliste het hulle rug gedraai op beriggewing oor omgewingskwessies as gevolg van ‘n tekort aan finansiering. Meer as 150 joernaliste het aan die peiling deelgeneem. Die waarnemende sekretaris-generaal van die…
20 May 3AM 1 min

Zverev wil Rome se sege oordra Parys toe

Die 27-jarige Alexander Zverev van Duitsland sê hy is vol vertroue in aanloop tot die Franse Ope nadat hy sy tweede Italiaanse Ope-titel in Rome gewen het. Die derde gekeurde Duitser het Nicolas Jarry van Chili met 6-4 en 7-5 geklop om sy sesde Meesters 1 000-kroon op te raap…
20 May 3AM 1 min

Man City maak geskiedenis

Manchester City het Manchester United nou verbygesteek en die enigste span geword wat die Premierliga vier agtereenvolgende kere kon wen. Die span moes wen om Arsenal te klop en twee doele van Phil Foden en een van Rodri was genoeg vir Pep Guardiola se span om West Ham drie-een te…
20 May 3AM 1 min