Spreeklewe - Vra en vir jou sal gegee word

Loading player...
Lukas 11:9-13
9“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. 11Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? 12Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? 13As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”
7 Jun 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Groot Biddag - Vergifnis

Annelie gesels met Mariandra Heunis wat haar getuienis lewer oor hoe sy moes vergewe na haar man se moord voor haar en haar dogter in hulle huis. Annelie gesels ook oor ons vergifnis vir ander en God se vergifnis vir ons.
23 Apr 29 min