Saterdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

Loading player...
GENESIS 45
Josef sê vir sy broers wie hy is
1Josef kon homself nie langer bedwing voor die mense wat hom bedien het nie. Hy het hulle almal beveel om van hom af weg te gaan, en daar was van dié wat hom gedien het, nie een by hom toe hy hom aan sy broers bekend gemaak het nie. 2Hy het so hard gehuil dat die Egiptenaars en die mense in die farao se paleis dit gehoor het. 3Toe sê Josef vir sy broers: “Ek is Josef. Leef Pa werklik nog?”
Sy broers kon hom nie antwoord nie, hulle was te bang vir hom. 4Maar hy het vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring. 5Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red. 6Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land. Daar lê nog vyf jaar voor waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie. 7God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom.
15 Jun 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

GALASIËRS 5 1Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie. Die Christelike vryheid 2Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie…
10 Dec 1AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 10 7Toe het Jesus verder gesê: “Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word…
9 Dec 1AM 13 min

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

MATTEUS 8 Die genesing van die offisier se slaaf (Luk. 7:1-10; vgl. Joh. 4:43-54) 5Nadat Jesus in Kapernaum aangekom het, het 'n offisier by Hom hulp kom vra 6en gesê: “Here, my slaaf lê by my huis verlam en verduur baie pyn.” 7En Jesus antwoord hom: “Ek sal hom kom…
8 Dec 1AM 11 min

Sondagoggend Erediens - Ds Johan Marais

PSALMS 13 Hoe lank nog, Here? 1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. 2Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? 3Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring? Hoe…
7 Dec 2AM 24 min