Woensdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
GENESIS 13
Abram en Lot gaan uitmekaar
1Abram het uit Egipte na die Suidland toe getrek, hy en sy vrou met al sy besittings, en Lot saam met hom. 2Abram was baie ryk aan vee en silwer en goud. 3Hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek na Bet-El toe, na die plek waar sy tente aan die begin gestaan het, tussen Bet-El en Ai, 4die plek waar hy vroeër 'n altaar gebou het. Daar het Abram die Naam van die Here aangeroep.
5Lot, wat saam met Abram getrek het, het self ook baie kleinvee en beeste en tente vir sy mense gehad. 6Die land kon nie in Abram en Lot saam se behoeftes voorsien sodat hulle bymekaar kon bly nie. Hulle besittings was te veel; hulle kon nie bymekaar bly nie. 7Die Kanaäniete en die Feresiete het ook nog in die gebied gewoon. Daar het toe 'n getwis ontstaan tussen Abram se veewagters en Lot s'n.
8Toe sê Abram vir Lot: “Daar behoort nie 'n getwis te wees tussen my en jou en tussen my veewagters en joune nie, want ons is familie. 9Die hele land lê oop voor jou. Gaan jy liewer weg van my af. As jy links gaan, gaan ek regs; en as jy regs gaan, gaan ek links.”
10Lot het toe rondgekyk en gesien die hele Jordaanstreek tot by Soar het so volop water soos 'n tuin van die Here, soos Egipte. Dit was naamlik nog voordat die Here Sodom en Gomorra verwoes het. 11Lot het die hele Jordaanstreek vir hom gekies en hy het ooswaarts versit.
So het die twee van mekaar geskei: 12Abram het in Kanaän bly woon, en Lot het in die stede van die Jordaanstreek gewoon; tot by Sodom het hy gaan tent opslaan.
13Die inwoners van Sodom was sleg: hulle het baie gesondig teen die Here.
14Nadat Lot van Abram af weg is, het die Here vir Abram gesê: “Kyk tog rond, kyk van hier af waar jy is, na die noorde en die suide, na die ooste en die weste. 15Die hele land wat jy sien, gee Ek vir altyd aan jou en jou nageslag.
24 Jul 2024 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 2 Jesus verander water in wyn op die bruilof in Kana. 1EN op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar. 2En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi. 3En toe daar wyn kortkom, sê die…
21 Apr 1AM 21 min

Sondagaand Erediens - Ds Graham Read

I KORINTHIËRS 15 Die opstanding. 1BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 2waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs…
20 Apr 12PM 31 min