Regte Nuus en Groen Speletjies in Parys

Loading player...
Dis tyd vir nog 'n KLETS en hierdie keer met "regte nuus"!

In hierdie episode het ons die joernalis, Izak du Plessis van Nuuspod, by ons. Izak KLETS saam oor die Regering van Nationale Eenheid en President Cyril Ramaphosa se toespraak tydens die opening van die parlement. Izak gee sy mening oor waar die RNE dalk kan sink soos ’n Titanic op ’n koue Donderdagaand. Is daar dalk ’n ysberg op die horison?

Daarna neem ons ’n draai oor die Atlantiese Oseaan en bekyk die Amerika situasie met Biden en Harris. Is Harris die antwoord of ’n disaster waiting to happen?

En dan, net om dinge bietjie sportief en groen te hou, gesels ons oor die naderende Olimpiese Spele in Parys. Hulle gaan so groen dat nie net hul bestaande infrastruktuur weer gebruik gaan word nie. Ja, jy hoor reg – dit is herwinning op ’n heel nuwe level!
24 Jul 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Jaco Kleynhans oor Trump en Suid-Afrika se Toekoms

In hierdie KLETS-episode gesels ons met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die jongste “Trump-doring” in die ANC se vlees. Trump se uitsprake oor Suid-Afrika het opslae gemaak – maar is dit werklik ’n bedreiging, of is ons regering net bietjie te sensitief? Jaco verduidelik die ware…
5 Feb 54 min

Daar is ’n Land in die Suide

Daar is ’n land in die Suide waar jy moontlik jou grond sonder vergoeding sal moet opgee. Ja, jy het reg geraai – Suid-Afrika! In hierdie KLETS-episode bespreek ons die Grondonteieningswet wat baie spekulasie laat opvlam. Wat is die werklike redes agter hierdie kontroversiële wetgewing? Is die honeymoon van die…
29 Jan 57 min

Die Narratief: Trump, Posseëls en ’n Dry January

In hierdie KLETS-episode van 22 Januarie 2025 praat ons oor ’n paar groot (en klein) gebeure wat die wêreld aan die gons het! Donald Trump is terug in die Withuis, en op sy eerste dag as president het hy reeds begin om sy campaing beloftes uit te voer – iets…
22 Jan 55 min

2025 in die Sterre: Politieke Melkweë en Kosmiese Kortsluitings

2025 begin met sterrekyk soos nog nooit tevore! In hierdie KLETS-episode verwelkom Matthys en Colene ons in-house astrologer, Catherine Laurent, om die sterre en planete vir Suid-Afrika te ontleed. Catherine het die sterrekaarte van agt van die land se bekendste politici ontsyfer en deel haar insigte oor wat die kosmos…
15 Jan 2 hr 06 min

2024: Suid-Afrika se Wenners, Verloorders, en Politieke Teater

2024 was ’n jaar van groot politieke en ekonomiese omwentelinge! In hierdie KLETS-episode sluit Dawie Roodt, bekende ekonoom, en Piet Croukamp, politieke ontleder, by Matthys en Colene aan om die jaar se mees bepalende gebeure te bespreek. Ons delf diep in die vyf prioriteite wat tydens die Februarie 2024 SONA…
18 Dec 2024 1 hr 07 min