Saterdag Oggenddiens - Johannes de Waal

Loading player...
JESAJA 5
7Die wingerd van die Here die Almagtige,
die wingerd wat Hy geplant het en waarin Hy Hom wou verlustig,
is die Israeliete, die volk van Juda.
Die Here het verwag dat daar reg sou wees,
maar daar was net onreg,
dat daar geregtigheid sou wees,
maar daar was net die hulpgeroep van veronregtes.
11Ellende wag vir dié wat vroeg in die môre opstaan
om agter sterk drank aan te loop
en hulle tot laataand dronk te drink aan wyn.
12Daar is liere en harpe,
tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye.
Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie,
sy dade sien hulle nie raak nie.
13Omdat my volk My nie wil ken nie,
sal hulle in ballingskap weggevoer word.
Volk en leiers sal saam van honger sterf,
omkom van dors.
14Die doderyk maak sy keel wyd oop vir hulle,
hy sper sy bek groot oop.
Daarin sak die vooraanstaandes en die gewone burgers weg,
die hele rumoerige gepeupel.
15So word mense verneder
en kom hulle tot 'n val.
So kom hoogmoed tot 'n val.
16Die Here die Almagtige is verhewe,
Hy laat reg geskied;
die heilige God laat Hom ken as die Heilige,
Hy oordeel regverdig.
17Op die puinhope sal lammers wei
asof hulle op hulle eie weiveld is,
skape sal rustig daar vreet.
18Ellende wag vir dié wat hulle deur afgodsdiens
vaswoel in die bande van ongeregtigheid,
wat verstrik raak in die kettings van sonde.
19Hulle sê: “Hy moet gou maak,
Hy moet sy werk gou doen dat ons dit kan sien!
Wat die Heilige van Israel wil doen,
moet gou gebeur dat ons dit kan weet.”
20Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg,
wat van duisternis lig maak en van lig duisternis,
wat bitter soet noem en soet bitter.
21Ellende wag vir dié wat dink hulle het die wysheid in pag,
wat dink hulle het baie verstand.
22Ellende wag vir dié wat helde is by wyndrinkery,
dapper by die meng van hulle drank,
23wat die skuldige vryspreek vir omkoopgeld,
maar 'n onskuldige sy reg ontneem.
3 Aug 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 8 Lof aan die Skepper 1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid. 2Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het…
17 Jan 1AM 18 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

MATTEUS 22 36“Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” 37Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat…
16 Jan 1AM 10 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 131 Ek het rus gevind 1'n Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. 2Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind…
15 Jan 1AM 12 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 146 Prys die Here! 1Prys die Here! Ek wil die Here prys. 2Ek wil die Here prys so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is. 3Moenie op magtiges vertrou nie, nie op 'n mens nie; hy kan jou nie red…
14 Jan 1AM 12 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 32 U het my skuld vergewe 1'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar…
13 Jan 1AM 16 min