Maandag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
GENESIS 11
Die toring van Babel
1Die hele wêreld het net een taal gepraat. 2Toe die mense ooswaarts getrek het, het hulle uitgekom by 'n vlakte in Sinar en daar gaan woon. 3Hulle het op 'n keer vir mekaar gesê: “Kom ons maak stene en ons brand hulle hard.”
Hulle het toe stene in plaas van klip gebruik en asfalt in plaas van klei.
4Toe sê hulle: “Kom ons bou vir ons 'n stad met 'n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons 'n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.”
5Die Here het afgekom om te kyk na die stad en die toring wat die mense vir hulle gebou het, 6en toe sê Hy: “Hier is hulle een volk en almal het een taal. Hulle het nog maar net begin om iets te doen. Hierna sal niks wat hulle beplan vir hulle onmoontlik wees nie. 7Kom laat Ons afgaan en verwarring bring in hulle taal, sodat die een nie die ander verstaan nie.”
8Die Here het hulle toe van daar af verstrooi oor die hele aarde, en hulle het opgehou met die bou van die stad. 9Daarom het hulle die stad Babel genoem, want daar het die Here in die taal van die aarde verwarring gebring, en van daar af het Hy die mense oor die hele aarde verstrooi.
5 Aug 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Pastoor Eugene du Randt

MATTHÉÜS 5 Die bergpredikasie. Die saligsprekinge. (Lk. 6:17-49.) 1EN toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom; 2en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê: 3 Salig is die wat arm van…
15 Feb 1AM 22 min

Donderdag Oggenddiens - Pastoor Eugene du Randt

HEBREËRS 11 Die aard van die geloof; voorbeelde uit die Ou Testament. 1DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 2Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. 3Deur die geloof verstaan…
13 Feb 1AM 15 min

Woensdag Oggenddiens - Past Neville Goodchild

HEBREËRS 10 34Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself 'n beter en blywende besitting in die hemele het. 35Werp dan julle vrymoedigheid, wat 'n groot beloning het,…
12 Feb 1AM 17 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Neville Goodchild

HÁBAKUK 3 17Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie —
11 Feb 1AM 16 min