Van Mashaba tot Braaivleis: ’n Week van Kontroversie en Wenne

Loading player...
In hierdie week se KLETS episode "be-klets" Colene en Matthys die jongste drama rondom ActionSA, Herman Mashaba en Tshwane. Is Mashaba besig om sy politieke relevansie te verloor, of is hy dalk net ’n pion in die ANC se strategie? Is die gedoente in Tshwane die eerste kraak in die RNE?

Ons gesels oor die Jan Braai kontroversie. Volgens Netwerk24 is hy 'n rassis. Is die storie net mediastunts of swak joernalistiek? Is Netwerk24 besig om klieks te soek met sensasie waar die waarheid nie in die pad staan vir 'n goeie voorblad nie?

Ons vier die Springbokke en hul onlangse oorwinnings en verduidelik die verskil tussen ’n miljoen en ’n miljard – jy sal verbaas wees ver die twee eintlik van mekaar af is!

Sluit aan vir ’n episode propvol politiek, kultuurkontroversies en sporttriomf wat jou nuuskierig sal hou oor wat in Suid-Afrika aangaan.
2 Oct 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

VAT en Vrae oor Verstandige Besluite

In hierdie week se KLETS wonder ons: Gaan die VAT vat, of gaan hy nie vat nie? Met net ’n paar dae oor voor die beplande 0.5% BTW-verhoging op 1 Mei, is daar steeds geen duidelikheid nie. Die ANC se plan het groot teenstand in die parlement gekry, en daar…
16 Apr 39 min

Neil de Beer oor MK, Mag die RNE & Moontlikhede

In die KLETS-episode van 9 April 2025 sit ons saam met Neil de Beer, president van die United Independent Movement (UIM) en politieke kommentator met ’n voet in baie politieke binnekamers. Ons gesels oor die toestand van die GNU, en veral die ANC-DA huwelik wat nou meer na ’n egskeiding…
9 Apr 1 hr 10 min

Dis Hoe Ons Rol – Van die mat tot moontlik platsak

Hierdie week op KLETS rol ons die mat uit en bring ’n regte hou (of vyf). Ons gesels met Stephanie Graham, Colene se Jiu-jitsu afrigter. Stephanie het onder andere 'n swart gordel in karate, blou beld in Jui-jitsu en is 'n trauma-informed coach asook voltydse Gracie-legende by die Gracie Jiu-jitsu…
2 Apr 1 hr 18 min

Wat Malema Sing en Colene Dink

In hierdie week se KLETS-episode kyk ons terug op ’n week waar alles van politieke vuurpyle tot persoonlike filosofieë op die tafel beland het. Die span ontleed die nuus wat almal laat kop krap het – en Colene deel haar teorie oor hoekom die wêreld nou meer van sy kop…
26 Mar 59 min

Persona Non Grata: Wat Nou?

In hierdie KLETS-episode bespreek ons die jongste diplomatieke drama tussen Suid-Afrika en die VSA. Die VSA het pas die Suid-Afrikaanse diplomaat Ebrahim Rasool as ‘persona non grata’ verklaar – ’n stap wat nie net opslae maak nie, maar ook vrae ontketen oor die toekoms van bilaterale betrekkinge tussen die twee…
18 Mar 1 hr 04 min