Sondagoggend Erediens - Past Buks van Staden

Loading player...
2 KONINGS 19

14Hiskia het die briewe wat die gesante gebring het, gevat en gelees. Daarna het hy na die huis van die Here toe gegaan en die briewe voor die Here oopgesprei.
15Toe het hy tot die Here gebid:
“Here, God van Israel,
U wat oor die gerubs troon,
U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde,
U het die hemel en die aarde gemaak.
16Hoor tog, Here, luister,
kyk tog, Here, let tog op!
“Hoor tog wat Sanherib gesê het; hy het U, die lewende God, in sy boodskap beledig! 17Dit is waar, Here, die konings van Assirië het nasies met lande en al verwoes 18en hulle gode verbrand, maar dit was nie gode nie, dit was die werk van mensehande, hout en klip; daarom is hulle vernietig. 19Here, ons God, red ons tog uit die mag van die Assiriese koning. Dan sal al die koninkryke van die aarde besef dat U, Here, alleen God is.”
13 Oct 2024 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

2 KORINTIËRS 12 9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
23 Jul 2AM 13 min