Die Narratief: Trump, Posseëls en ’n Dry January

Loading player...
In hierdie KLETS-episode van 22 Januarie 2025 praat ons oor ’n paar groot (en klein) gebeure wat die wêreld aan die gons het!

Donald Trump is terug in die Withuis, en op sy eerste dag as president het hy reeds begin om sy campaing beloftes uit te voer – iets wat die “woke democrats” heeltemal oor die muur en in die kleenex gegooi het. Love him or hate him, Trump het die wêreld weer op sy tone.

In Suid-Afrika, het ons ’n splinternuwe posseël. Maar wag – dit is nie so eenvoudig nie. Jy kan dit nie sommer orals koop nie, en ons vra die groot vraag: Wat is die punt as jy dit nie eens kan kry nie?

Hoe gaan dit met jou “Dry January”? En as jy op hierdie dae in enige maand verjaar, sê gerugte dat jy dalk eerder aan ’n “dry life” moet dink.

Hoe klim jy in jou kar? Ja, ons weet dit klink eienaardig, maar navorsing toon mans en vrouens klim op heeltemal verskillende maniere in. Wat sê hierdie interessante (en snaakse) klein narratief oor ons? Dis die tipe vraag wat net in ’n KLETS-episode kan opkom.
22 Jan Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Begroting 2.0 en Weet Cyril Waar Hy Bly?

Colene se stem is terug net betyds vir ‘n baie belangrike Woensdag – die dag waarop die begrotingsrede 2.0 uiteindelik in die parlement voorgelê word. Wie het die armdrukgeveg binne die Regering van Nasionale Eenheid gewen? Het die ANC geswig onder die druk van sy koalisievennote, of is hierdie begroting…
12 Mar 51 min

Begrotingsrede, Trump en Hoogverraad? Wat Lê Voor vir Suid-Afrika?

Suid-Afrika se ekonomiese en politieke landskap is op ‘n breekpunt, en hierdie week se KLETS-episode kyk ons na die kwessies wat die Rand en internasionale verhoudings beïnvloed. Matthys gesels met Andre Cilliers, hoofvalutarisiko-strateeg by TreasuryOne, oor hoe die begrotingsrede op 12 Maart ons finansiële toekoms kan vorm. Die begroting is…
5 Mar 45 min

Kunste, Wetgewing en Outeursreg: Lizz Meiring Deel Haar Insigte

In hierdie episode van KLETS sit ons om die tafel met die veelbekroonde aktrise en teatervervaardiger Lizz Meiring. Met ’n loopbaan wat dekades strek en ’n bynaam soos “Bizzie Lizzie”, is sy die perfekte persoon om lig te werp op die huidige stand van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika. Ons…
25 Feb 1 hr 04 min

Van Potholes tot Poachers en Ice Baths

In die KLETS-episode gesels Matthys en Colene met die sjamaan Ahanu, van Namaskar Wellness Hub in Johannesburg, oor sjamanisme en wat dit beteken om ’n sjamaan te wees. Is dit net rook, kristalle en spiritualiteit, of is daar dieper wysheid agter hierdie eeue-oue praktyk? Ahanu verduidelik hoe energiegenesing en bewuste…
18 Feb 48 min