Jaco Kleynhans oor Trump en Suid-Afrika se Toekoms

Loading player...
In hierdie KLETS-episode gesels ons met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die jongste “Trump-doring” in die ANC se vlees. Trump se uitsprake oor Suid-Afrika het opslae gemaak – maar is dit werklik ’n bedreiging, of is ons regering net bietjie te sensitief?

Jaco verduidelik die ware waarde van AGOA, nie net vir Suid-Afrika nie, maar vir Afrika as geheel. Wat beteken dit as Suid-Afrika hierdie handelsvoordele verloor? En wat sê sy kontakte in die Withuis oor ons land se diplomatieke speletjies? Moet Suid-Afrika begin paniekbevange raak oor sy posisie op die wêreldverhoog?

Maar moenie bekommerd wees nie, ons hou dit nie net by politiek nie! Wat is ’n goeie gesprek sonder ’n glas fyn wyn uit die bodem van Suid-Afrika? Die land se wynbedryf het een van die rykste geskiedenisse in die wêreld, en hoewel ons nie diep in die wynvate klim nie, klink dit darem na iets om te vier – ten minste solank ons dit nog kan uitvoer!

Cheers!
Chapters
  • 00:07 KLETS
  • 08:43 Jaco Kleynhans oor Trump en Suid-Afrika
  • 52:42 Cheers - Suid-Afrikaanse Wyn
5 Feb 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Van Misdaad tot Megawatt

Hierdie week se KLETS begin by die mense wat veronderstel is om die land veilig te hou… maar dit voel al hoe meer soos ’n oudisie. Die topbestuur van die polisie in Suid-Afrika is almal “acting”, en die vraag is nie net wie kry die pos nie… maar wie gaan…
29 Apr 1 hr 17 min

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min