#ALT-Fokus met Venita - Christiaan Carstens, Donderdag 20 Februarie

Loading player...
#ALT-Fokus is ALTYD op die uitkyk vir nuwe talent, en hierdie week het Christiaan Carstens by Venita in die ateljee kom kuier. Hierdie 20-jarige het besluit om vanaf Lutzville in die Wes-Kaap na die GROOT stad te trek om sy passie vir musiek ’n loopbaan te maak, en ons is al te bly! Christiaan het gesels oor sy enkelsnit Dronkverlief en nog musiek wat hy onlangs uitgeryk het. Sy kitaar het ook ’n verskyning gemaak en natuurlik was Venita weer vreeslik opgewonde vir “LIVE MUSIC” in die ateljee!
20 Feb 2025 English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#WeeksdaeVibesMetVenita - Chris Karl | 14 Julie

Dis sy heel eerste radio onderhoud en #WeeksdaeVibes met Venita het die voorreg om die man agter die musiek beter te leer ken. Chris Karl vertel meer oor die storie agter sy enkelsnit 'Vivo' en waarop dit vir hom soos huis voel. 
14 Jul 28 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Andriëtte Norman | 13 Julie 

Andriëtte gesels met Venita oor haar Top 4 wat sy gekies het vir die FAK Skryf'it - liedjieskryfkompetisie. Sy vertel waarom hierdie vier vir haar uitgestaan het, en wat haar denkwyse as ghoeroe vir hierdie jaar is.
13 Jul 10 min

#ALT-Fokus met Venita - Lowell | 9 Julie

Venita gesels met Lowell (Grant Garcia) in sy heel eerste Suid-Afrikaanse onderhoud! Hy vertek oor sy reis as akteur, filmmaker en musikant, die storie agter sy debuut-enkelsnit "July", én sy eerste EP, "Learning To Drive."
9 Jul 26 min