Woord vir Vandag - 17 Mrt 2025

Loading player...
“Binne-in die tent het die Here met Moses gepraat soos vriende wat gesels en mekaar in die oë kyk…” Eksodus 33:11 NLV
Het jy al met God daaroor gepraat?
Moses het ‘n spesiale plek gehad waar hy God ontmoet het. Dit is die ‘ontmoetingstent’ genoem (vers 7 NLV). Waaroor het hulle gepraat? ‘Op ‘n keer het Moses vir die Here gesê: ‘U het vir my gesê om hierdie volk te lei na die land wat U aan hulle beloof het. U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie… sê asseblief wat u planne is sodat ek kan weet wat U van my verwag…’ Hy vra toe vir Moses: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’’ (verse 12-14 NLV). Let die drie dinge op waaroor Moses vir God uitgevra het: 1) ‘U het egter nooit vir my gesê wie U saam met my gaan stuur nie.’ Dit was wys, want mense kan jou opbou of afbreek. Jy moet weet wie in jou lewe hoort en wie nie en God is die enigste een wat dit vir jou kan sê. 2) ‘Sê asseblief wat u planne is.’ God se wil, wat op God se manier, volgens God se tydsberekening gedoen word, bring altyd sukses mee. As jy egter jou eie wil, op jou manier, volgens jou eie tydsberekening doen, bring dit net moeilikheid en hartseer mee. 3) ‘Sodat ek kan weet wat U van my verwag.’ Op jou eie kan jy nie die uitdaging baasraak nie, maar deur die krag van God se inwonende Gees kan jy groot dinge vermag, Wat God vir Moses belowe het, beloof Hy ook vir jou: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’
16 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 March 2026

“Your kingdom come.” Matthew 6:10 NKJV Demonstrating God’s kingdom where you live Every time you are in conflict with someone, but you go to them and seek reconciliation and forgiveness—the kingdom is breaking into this world. Every time you have a chunk of money and decide to give significantly to…
3 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 31 Maart 2026

“Laat u koningsheerskappy spoedig kom…” Matteus 6:10 NLV Dra God se koningsheerskappy uit Elke keer wanneer jy konflik met iemand het, maar na hulle toe gaan en versoening en vergifnis vra – breek God se koninkryk in hierdie wêreld aan. Elke keer wanneer jy geld aan iemand wat honger of…
3 Mar 2 min

Word for Today - 30 March 2026

“All things come from You, and of Your own we have given You.” 1 Chronicles 29:14 NKJV You are a steward When the people of Israel brought offerings to build the temple, David said: “For all that is in heaven and in earth is Yours…Both riches and honour come from…
3 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 30 Maart 2026

“…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!” 1 Kronieke 29:14 NLV Jy is ‘n rentmeester Toe die volk van Israel offers gebring het om die tempel te bou, het Dawid gesê: ‘…Alles in die hemel…
3 Mar 1 min

Word for Today - 29 March 2026

“Keep your lives free from the love of money and be content with what you have.” Hebrews 13:5 NIV Be content People who were happy when they bought their clothes at thrift stores typically remain happy once they can afford designer duds. Those who weren’t are still the same unhappy…
3 Mar 1 min