Wat Malema Sing en Colene Dink

Loading player...
In hierdie week se KLETS-episode kyk ons terug op ’n week waar alles van politieke vuurpyle tot persoonlike filosofieë op die tafel beland het. Die span ontleed die nuus wat almal laat kop krap het – en Colene deel haar teorie oor hoekom die wêreld nou meer van sy kop af is as ooit tevore. We listen and we don’t judge… maar dit lyk of Matthys amptelik in grumpy old man-mode ingeskuif het.

Ons begin by Human Rights Day, wat verlede Vrydag, 21 Maart 2025, gevier is in Suid-Afrika – of liewer, ontwrig is, toe Julius Malema besluit het om weer uit te haal met een van sy gunsteling “songs”. En ja, dit het meer petrol as vrede op die vuur gegooi. Gelukkig was Cyril betyds met sy weeklikse nuusbrief, waar hy ons grondwetlik herinner dat rassehaat en aanhitsing steeds ongrondwetlik is. Dankie tog vir Cyril se “copy-paste” kalmte en rustige benadering tot alles.

Net toe jy dink dis genoeg raspolitiek vir een week, bring die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) hul “No More Race Laws Bill” – ’n poging om alle wetgewing met ras-kriteria te herroep of aan te pas. Dis reg – weg met kwotas, rasbokse en voorkeurteikens. Gaan lees en teken die petisie self hier: https://irr.org.za/whatsacanbe/no-more-race-laws

Ons gesels ook oor die BizNews Conference, waar Helen Zille, Neil de Beer, Gayton McKenzie en Rob Hersov darem ’n tikkie hoop vir die toekoms gebring het. Vir ’n oomblik het dit gevoel of Suid-Afrika dalk nie heeltemal verlore is nie. Maar dan sal die individue, groepe en stemme wat sin maak en ‘n beter toekoms vir ieder en elk sien in Suid-Afrika moet moue oprol en saam staan teen die “common enemy” of is die dalk eerder “kommin” met ‘n hoofletter K!
Ons sluit af met wat onteiening die belastingbetaler gekos, en Volvo se nuus. Spoiler alert: dis nie ’n bargain nie..

Dis insig, ironie, opinies en KLETS.
26 Mar 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min

Slange, Spuite en Sondige Sente

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-253-slange-spuite-en-sondige-sente/ Iewers in China het 'n vloed 'n slangplaas oopgebreek, en nou is "swem met die plaaslike fauna" nie meer 'n opsie nie, dis 'n werklikheid. Ozempic maak jou skraler, sê die advertensies. Die nuutste studies belowe jou 'n paar ander verrassings wat niemand…
15 Jul 53 min

Lyste en Lastige Goggas

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/lyste-en-lastige-goggas/ Colene is terug van die Kaap. Party mense is 'n walking buffet vir muskiete, jou "bierpens" kan dit moontlik verduidelik. Maar dit klink darem onskuldig langs die vrou wat agterkom sy het 38 parasiete in haar brein gehad. Dis nie 'n getal nie,…
8 Jul 1 hr 03 min

Dis Nie Genoeg Nie, al Bly Ons Vriendelik

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/dis-nie-genoeg-nie-al-bly-ons-vriendelik/ Dis 1 Julie 2026. Dis winter, en ook presies die middel van die jaar. Ons be-klets die 30 Junie-opstande: waar lê die menswaardigheid, waar lê die deernis, en was die optogte eintlik die moeite werd? Of is Suid-Afrika môre net weer presies soos…
1 Jul 48 min

Voëls, Buste en die Blou Reshuffle

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/voels-buste-en-die-blou-reshuffle/ Colene is in die Kaap. Die land van melk en heuning. Die DA het ook so 'n belofte gemaak. Hierdie week het hulle net besluit party mense kry die melk, party kry die heuning, en party kry die deur. Steenhuisen is gedemote, ander…
24 Jun 52 min