Sondagaand Erediens - Past Pieter Calitz

Loading player...
I KORINTHIËRS 15

Die opstanding.
1BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
2waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
3Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
4en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
5en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.
6Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
7Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;
8en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.
6 Apr 2025 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 8 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” PSALMS 139 U omsluit my van alle kante…
19 Jul 3AM 16 min