Woensdag Oggenddiens - Ds Graham Read

Loading player...
LUKAS 22

44En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
45Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.
46En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.
Jesus word gevange geneem.
(Mt. 26:47-56 en ooreenk. pl.)
47 EN terwyl Hy nog spreek, kom daar 'n skare; en hy wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uit geloop en nader gekom na Jesus om Hom te soen.
48En Jesus sê vir hom: Judas, verraai jy die Seun van die mens met 'n kus?
49En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons met die swaard slaan?
16 Apr 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

EFESIËRS 6 Die Christen se wapenrusting 10Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en…
19 Dec 1AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 22 42“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” MATTEUS 27 46Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
18 Dec 1AM 21 min

(GELOFTEDAG) Dinsdagoggend Erediens - Past Pieter Calitz

PSALMS 66 Hoe ontsagwekkend is u werk! 1Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde! 2Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! 3Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk! U mag is groot, u vyande kruip…
16 Dec 2AM 21 min