(Goeie Vrydag) Vrydagoggend Erediens - Ds Graham Read

Loading player...
PSALMS 22
My God, waarom het U my verlaat?
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die hert van die dageraad.” 'n Psalm van Dawid.
2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
3My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
4Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
5Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
6Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
7Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.
8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:
9Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!
10Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.
11Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
12Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.
13Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
14Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.
15Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.
16My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
17Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
18Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.
20Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
21Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
22Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
24Julle wat die Here vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
25Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
26Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die Here prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die Here bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.
29 Want die koninkryk behoort aan die Here, en Hy heers oor die nasies.
30Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.
31'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die Here aan die volgende geslag.
32Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.
18 Apr 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

JOHANNES 20 24En Thomas wat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie. 25Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die…
19 May 2AM 16 min

Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha

PSALMS 88 In groot donkerheid! 1 'n LIED. 'n Psalm van die kinders van Korag. Vir die musiekleier; op die wysie van: „Máhalat leannot.” 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet. 2 Here, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U. 3Laat my gebed voor…
18 May 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

PSALMS 11 Wees nie kleingelowig nie! 1VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die Here skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël! 2Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die…
18 May 3AM 21 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

PSALMS 139 Die goddelike alwetendheid. 1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Here, U deurgrond en ken my. 2U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. 3U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. 4Want daar…
17 May 2AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

EFÉSIËRS 6 1 KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. 2 Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met 'n belofte — 3sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. 4En…
16 May 2AM 17 min