(Goeie Vrydag) Vrydagoggend Erediens - Ds Graham Read

Loading player...
PSALMS 22
My God, waarom het U my verlaat?
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die hert van die dageraad.” 'n Psalm van Dawid.
2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
3My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
4Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
5Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
6Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
7Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.
8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:
9Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!
10Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.
11Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
12Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.
13Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
14Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.
15Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.
16My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
17Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
18Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.
20Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
21Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
22Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
24Julle wat die Here vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
25Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
26Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die Here prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die Here bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.
29 Want die koninkryk behoort aan die Here, en Hy heers oor die nasies.
30Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.
31'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die Here aan die volgende geslag.
32Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.
18 Apr 2025 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 22 Jesus voor die Joodse Raad (Matt. 26:59-66; Mark. 14:55-64; Joh. 18:19-24) 66Toe dit dag word, het die Raad van die volk – die priesterhoofde en die skrifgeleerdes – vergader en Jesus voor hulle laat bring. 67Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar…
4 Mar 1AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 22 22Met die Seun van die mens sal dit gaan soos dit voorbeskik is, maar wee die man deur wie Hy verraai word!” 23Toe begin hulle mekaar uitvra wie van hulle dit kon wees wat so iets sou doen. Die ware grootheid (Vgl. Matt. 20:24-28; Mark. 9:30-37; 10:41-45; Joh…
3 Mar 1AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Pastoor Pieter Calitz

JOHANNES 18 Annas en Kajafas verhoor Jesus (Matt. 26:59-66; 27:1; Mark. 14:55-64; 15:1; Luk. 22:66-71) 19Die hoëpriester het Jesus toe ondervra oor sy dissipels en oor sy leer. 20Jesus het hom geantwoord: “Ek het in die openbaar met die mense gepraat. Ek het hulle altyd in die sinagoges en in…
2 Mar 1AM 11 min

Sondagaand Erediens - Ds Zak Scholtz

EFESIËRS 2 Lewe uit die dood 1Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes 2wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in…
1 Mar 12PM 24 min

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

ROMEINE 12 Die nuwe lewe in Christus 1En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2Julle…
1 Mar 2AM 21 min