Sondagaand Erediens - Ds Graham Read

Loading player...
I KORINTHIËRS 15
Die opstanding.
1BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
2waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
3Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
4en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
5en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.
6Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
7Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;
8en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.
9Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.
10Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.
11Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.
20 Apr 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

PSALMS 139 Die goddelike alwetendheid. 1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Here, U deurgrond en ken my. 2U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. 3U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. 4Want daar…
17 May 2AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

EFÉSIËRS 6 1 KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. 2 Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met 'n belofte — 3sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. 4En…
16 May 2AM 17 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

EFÉSIËRS 3 Gebed van Paulus vir die Efésiërs. 14 OM hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, 15van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, 16dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid…
15 May 2AM 16 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

EFÉSIËRS 2 8Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het,…
14 May 2AM 16 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

EFÉSIËRS 1 15Daarom — vandat ek gehoor het van die geloof in die Here Jesus wat onder julle is en die liefde tot al die heiliges — 16 hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie, 17dat die God…
13 May 2AM 16 min