Sondagaand Erediens - Past Bernard van der Vlies

Loading player...
JOHANNES 10

Op die fees van die tempelwyding verklaar Jesus op 'n vraag van die Jode dat Hy die Messías, die Seun van God, is. Hulle wil Hom stenig. Hy gaan oor die Jordaan.
22EN dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.
23En Jesus het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.
24En die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, sê dit vir ons ronduit.
25Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle gesê, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, dié getuig van My.
26Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
28En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
27 Apr 2025 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 8 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” PSALMS 139 U omsluit my van alle kante…
19 Jul 3AM 16 min