Wit Broodjies in die Withuis en Wyn in Die Kaap

Loading player...
Ons is terug! En ons "be-klets" die chaos, komedie en intriges van die afgelope twee weke hier aan die suidpunt van Afrika.

Cyril was in die Withuis, waar hy vir Trump probeer beïndruk het met mooi broodjies en ’n paar gholf swings. Maar terug op Suid-Afrikaanse bodem is dit dieselfde ou storie: krisisse, hofdramas, ministers wat niks sê nie… en die tweede vliegtuig na Amerika.

Gelukkig het ons darem ander vriende… of is dit skuldeisers? China het vir ons $ 21,3 miljard al geleen, maar watter prys gaan Suid-Afrika in die lang termyn betaal? Gaan ons moet begin mandarin leer praat?

En terwyl sommige ministers hul portfolios behoorlik opneem, het ons ander – soos Dr Nobuhle Pamela Nkabane – wat met 'n mond vol kos probeer om "sinvolle" terugvoer te gee.

Colene sê die Kaap is steeds Hollands – duur en besig - maar vol goeie wyn, mooi views.
4 Jun 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Van Misdaad tot Megawatt

Hierdie week se KLETS begin by die mense wat veronderstel is om die land veilig te hou… maar dit voel al hoe meer soos ’n oudisie. Die topbestuur van die polisie in Suid-Afrika is almal “acting”, en die vraag is nie net wie kry die pos nie… maar wie gaan…
29 Apr 1 hr 17 min

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min