Woensdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

Loading player...
ROMEINE 8
Die nuwe lewe onder die genade. Die Gees van heiligheid en aanneming as kinders.
1DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
2Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
3Want God het — wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees — deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
4sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
5Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
6Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
7omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
8En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
9julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
10Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.
11En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
12Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;
13want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
14Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
15Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
11 Jun 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

HEMELVAART Donderdagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

HANDELINGE 1 6Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” 7Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy…
14 May 3AM 20 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

JOHANNES 11 11Hierna het Hy vir hulle gesê: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.” 12Die dissipels sê toe vir Hom: “Here, as hy slaap, sal hy gesond word.” 13Jesus het van Lasarus se dood gepraat, maar hulle het gedink Hy praat van die gewone…
13 May 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

LUKAS 8 Die dogtertjie van Jaïrus. Die vrou met bloedvloeiing (Matt. 9:18-26; Mark. 5:21-43) 40Toe Jesus van die oorkant af terugkom, het die mense Hom verwelkom, want almal was Hom te wagte. 41Skielik kom daar 'n man aan. Dit was Jaïrus, 'n raadslid van die sinagoge. Hy het op sy…
12 May 2AM 10 min

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

MATTEUS 4 Die versoeking in die woestyn (Mark. 1:12-13; Luk. 4:1-13) 1Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. 2Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.
11 May 2AM 11 min