Woord vir Vandag - 16 Junie 2025

Loading player...
“waar die duiwel hom vir 40 dae lank versoek het…” Lukas 4:2 NLV
Wees bly – dag een-en-veertig is op pad!
Die getal veertig in die Skrif verwys na toetsing, beproewing en versoeking. God het vir Noag gesê: ‘Oor sewe dae sal Ek dit vir 40 dae en 40 nagte aanmekaar laat reën sodat alles wat Ek geskep het, uitgewis word’ (Genesis 7:4 NLV). Goliat het Israel se leër veertig dae lank uitgedaag: ’40 dae lank, elke oggend en aand, het die Filistyn uitgekom en sy uitdaging aan die Israeliete gerig’ (1 Sameul 17:16 NLV). Jesus is op die drumpel van sy bediening vir veertig dae lank deur Satan aangeval: ‘Jesus… is deur die Gees na die woestyn toe gelei, waar die duiwel hom vir 40 dae lank versoek het…’ (Lukas 4:1-2 NLV). Dag een-en-veertig was egter op pad! Na veertig dae van reën, het God vir die mensdom ‘n nuwe begin gegee. Na veertig dae van Goliat se dreigemente, het God vir Dawid ‘n skouspelagtige oorwinning gegee. Na veertig dae van versoeking, ‘…het Jesus, gevul met die krag van die Heilige Gees, na Galilea teruggegaan. Hy het deur die hele omgewing bekend geword’ (Lukas 4:14 NLV). Moenie aan vrees en wanhoop toegee nie. Moenie tou opgooi nie en moenie weghardloop nie. God het jou oorwinning bepaal. Jy het dalk ‘n paar houe en letsels gekry, maar God sal jou daardeur bring en jou sterker en wyser maak, as jy Hom vertrou en op sy Woord staan. Die Bybel sê: ‘…die Gees wat in julle woon, [is] magtiger as die gees wat in die wêreld woon’ (1 Johannes 4:4 NLV). Die krag wat in jou aan die werk is, is magtiger as die omstandighede waarin jy jou bevind en die vyande wat jou teenstaan. Die woord vir jou vandag is dus – wees bly, want dag een-en-veertig is op pad!
15 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 12 July 2025

“To everything there is a season, a time for every purpose under heaven.” Ecclesiastes 3:1 NKJV Knowing the season you’re in Your life’s purpose is connected to a specific time and season. In other words, it will have a beginning and an ending. Some of God’s purposes can be fulfilled…
11 Jul 2 min

Word for Today - 11 July 2025

Go the extra mile Try to picture this: You’re in a restaurant with someone whose meal costs $15.00, and you’re watching them struggle over the tip. They have $2.00 left over, and they know that a 10 percent tip is considered the very minimum. They waste five minutes getting change…
10 Jul 2 min

Word for Today - 10 July 2025

“Let each of you look out not only for his own interests, but also for the interests of others.” Philippians 2:4 NKJV Don’t be dismissive If you are in a position of leadership, try to be aware of how you respond to the feelings, thoughts, and opinions of those around…
9 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 12 Julie 2025

“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd” Prediker 3:1 NLV Ken die seisoen waarin jy is Jou lewensdoel word aan ‘n spesifieke tyd en seisoen gekoppel. Sommige van God se doelwitte kan binne ‘n kort tydjie bereik word, terwyl ander ‘n leeftyd…
11 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 11 Julie 2025

“As ‘n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver.” Matteus 5:41 NLV Loop die ekstra myl Verbeel jouself die volgende: Jy is in ‘n restaurant met iemand wie se rekening R100 is en jy sien hoe hulle die fooitjie…
10 Jul 2 min