Dinsdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
LUKAS 1

8En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling,
9het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand.
10En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.
11Toe verskyn daar aan hom 'n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan.
12En toe Sagaría hom sien, was hy ontsteld, en vrees het hom oorval.
13Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.
14En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;
15want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.
16En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.
17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.
18Toe sê Sagaría vir die engel: Waaraan sal ek dit weet? Want ek is 'n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.
19En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.
20En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.
21En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.
22Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy 'n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.
23En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.
24En ná hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê:
25So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.
8 Jul 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

HEBREËRS 4 Jesus die groot Hoëpriester 14Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan…
22 Sep 2AM 13 min

Maandag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

HEBREËRS 4 Jesus die groot Hoëpriester 14Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan…
21 Sep 2AM 14 min

Sondagaand Erediens - Past Deon Bosch

MATTEUS 5 Liefde vir die vyand (Luk. 6:27-28,32-36) 43“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45sodat julle kinders…
20 Sep 1PM 30 min

Sondagoggend Erediens - Past Deon Bosch

EFESIËRS 6 Die Christen se wapenrusting 10Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en…
20 Sep 3AM 31 min

Saterdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

JAKOBUS 1 Versoeking en verleiding 12Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
19 Sep 2AM 17 min