Vrydag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JOHANNES 3

Nog 'n getuienis van Johannes die Doper.
22HIERNA het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.
23En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.
24Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.
25Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.
26En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.
27Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.
28Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.
29Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.
30 Hy moet meer word, maar ek minder.
31 Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
32En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.
33Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.
34Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
35 Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
11 Jul 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

HEBREËRS 4 Jesus die groot Hoëpriester 14Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan…
22 Sep 2AM 13 min

Maandag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

HEBREËRS 4 Jesus die groot Hoëpriester 14Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan…
21 Sep 2AM 14 min

Sondagaand Erediens - Past Deon Bosch

MATTEUS 5 Liefde vir die vyand (Luk. 6:27-28,32-36) 43“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45sodat julle kinders…
20 Sep 1PM 30 min

Sondagoggend Erediens - Past Deon Bosch

EFESIËRS 6 Die Christen se wapenrusting 10Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en…
20 Sep 3AM 31 min

Saterdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

JAKOBUS 1 Versoeking en verleiding 12Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
19 Sep 2AM 17 min