Woord vir Vandag - 20 Julie 2025

Loading player...
“…sonder My kan julle niks doen nie.” Johannes 15:5 NLV
Op wie maak jy staat?
Net omdat God se Gees in jou leef, waarborg dit nie dat sy krag in jou lewe werksaam is nie. God se krag is beskikbaar, maar jy moet daarby inskakel. Jesus vergelyk ons geestelike lewe met ‘n druiwestok en sy lote: ‘Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’ (vers 5 NLV). In hierdie vergelyking is die loot heeltemal afhanklik van die druiwestok; dit kan nie vrugte op sy eie voortbring nie. As iemand appels aan die takke van ‘n dooie boom sou vasmaak en sê: ‘Kyk na hierdie vrugteboom,’ hoe sou jy reageer? Jy sal heel waarskynlik sê: ‘Jy het daai vrugte aan die boom vasgemaak.’ Dis soortgelyk aan wanneer ‘n Christen sê: ‘Ek gaan ‘n klomp vrugte in my lewe vasmaak – ‘n bietjie geduld nou, ‘n bietjie barmhartigheid later, ‘n bietjie selfbeheersing op ‘n ander tyd. Ek sal dit self doen.’ Dis onmoontlik! Dis die vrug van die Gees, nie die inspanning van die vlees nie. Jesus het gesê: ‘…Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte…’ Hoe kan jy vasstel of jy aan Christus verbonde is? Dink aan jou gebedslewe. Jou gebede openbaar jou afhanklikheid van God. Waarvoor bid jy? Dit waarvoor jy bid is dit waarvoor jy van God afhanklik is. Die Bybel sê: ‘Moenie ophou bid nie’ (1 Tessalonisense 5:17 NLV). Bid oor jou besluite, behoeftes, versoekings, belange, planne, skedule, probleme, aankope; bid oor alles! Deur dit te doen bly jy ‘verbonde’ – deur bewus te wees dat God en sy teenwoordigheid altyd by jou is.
19 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min