Hupstoot vir noordelike beesboere

Loading player...
Die regering het amptelik vyf 30-ton-vragmotors met sleepwaens en vyf draagbare laaibanke ter waarde van 20,68 miljoen Namibiese dollar in die noordelike kommunale gebiede oorhandig, onder die EU-befondsde Veeondersteuningsprogram. Die toerusting, wat nou deur Meatco bestuur word, is om die vervoerkoste van vee na slagpale en kwarantyngeriewe te verminder. Die vragmotors bedien slagpale in Katima Mulilo, Eenhana, Oshakati, Outapi en Rundu. Die waarnemende uitvoerende hoof van Meatco, Kingsley Kwenani, het meer.
21 Jul 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie ondersoek nootlottige vliegongeluk in Vrystaat

Die Vrystaatse polisie ondersoek 'n noodlottige ligte vliegtuigongeluk in die Ferreira-gebied. Polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê beamptes is na die toneel gestuur, waar nooddienste 'n manlike vlieënier in die wrak vasgekeer gevind het. Die 45-jarige is op die toneel dood verklaar. Kareli sê die vlieënier se identiteit word weerhou totdat sy…
3 Jan 4AM 1 min

Tienerswangerskappe nasionale krisis in SA

Die Forum vir Suid-Afrika sê tienerswangerskappe het kommerwekkende vlakke bereik en moet as 'n nasionale krisis behandel word. In Mpumalanga alleen het 9 712 tieners na bewering in 2025 geboorte gegee, insluitend 'n 14-jarige op Nuwejaarsdag. Fosa-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die tendens moet nie genormaliseer of gevier word nie, en…
3 Jan 2AM 1 min

SA kabinet soek strategy teen onwettige immigrasie

Die direkteur-generaal van binnelandse sake, Tommy Makhode, sê die departement ondersteun die grensbestuursowerheid se optrede met terugkerende besoekers na die feestyd. Dit volg nadat daar vroeër baie pogings was om die grens onwettig oor te steek. Makhode het by die Beitbrug-grenspos in Limpopo bewerings van mislukking deur die departement om…
3 Jan 1AM 1 min

Krieket: Australië se Usman Khawaja tree uit

Die Australiese kolwer Usman Khawaja het aangekondig hy gaan uittree na die vyfde toets om die As wat Sondag in Sydney begin. In sy loopbaan van 15 jaar het die 39-jarige meer as agtduisend internasionale lopies in verskillende formate aangeteken, en in 87 toetse, 40 eendagwedstryde en nege T20-internasionale wedstryde…
3 Jan 12AM 1 min

Copps 94.1: Polisie maai onder verneemde dwelmsmouse

Copps 94.1 het ‘n bedrywige eerste Vrydagaand van die nuwe jaar agter die rug met die polisie op Walvisbaai wat op inligting van die publiek reageer en op verskeie vermeende dwelmsmouse op die kusdorp toegeslaan het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
2 Jan 11PM 1 min