Copps 94.1 het ‘n bedrywige eerste Vrydagaand van die nuwe jaar agter die rug met die polisie op Walvisbaai wat op inligting van die publiek reageer en op verskeie vermeende dwelmsmouse op die kusdorp toegeslaan het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
Namibië het by 'n kontinentale veldtog, Missie 300, aangesluit om 300 miljoen mense teen 2030 aan elektrisiteit te koppel, met die bekendstelling van sy Nasionale Energiepakt onder die inisiatief. Missie 300 is daarop gemik om toegang tot elektrisiteit uit te brei, en Namibië se deelname fokus op landspesifieke hervormings, teikens…
Die voorspraakbeweging Soil of Africa eis onafhanklike watertoetsing met betekenisvolle gemeenskapstoesig in die Stad Johannesburg. Dit volg nadat Johannesburg Water as 'n voorsorgmaatreël met watergehaltetoetse in dele van die middestad begin het, nadat gebruikers oor 'n ongewone reuk in kraanwater gekla het. Die beweging se voorsitter, Bongani Ramontja, het gewaarsku…
Die grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse weermag het sedert 10 Desember gesamentlik meer as 7 000 mense onderskep wat onwettig probeer het om die land binne te kom. Die meeste hiervan was Zimbabwiese burgers wat die Groblersbrug-grenspos onwettig wou oorsteek. Kommissaris Mike Masiapato het aan die SABC gesê die grensposte by…
Die burgemeester van die stad New York, Zohran Mamdani, het 'n nuwe era vir Amerika se grootste stad belowe en onderneem om breedvoerig en met waagmoed te regeer. Die 34-jarige politieke ster en demokratiese sosialis is die stad se eerste Moslem-burgemeester. Hy is Donderdag buite die Stadsaal in Manhattan deur…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.