Motocross brul weer op Gobabis

Loading player...
Die vyfde ronde van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap vind môre op die Gobabis-motocrossbaan plaas na die baan verlede jaar oorgesien is as gevolg van die droogte. Die gebrek aan water om die baanoppervlak tydens byeenkomste nat te maak, het die klub genoodsaak om sy verpligtinge aan ander klubs af te staan. Mark Sternagel, die heersende en verdedigende 2024 ope-kampioen, sal sy eerste resies vir 2025 met ’n tweeslag-KTM 250 SXS aanpak. Mark se wapen van keuse was deurgaans ’n vierslag-KTM 450 SXF. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
25 Jul 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nasionale Energiepakt wil krag in Namibië verbeter

Namibië het by 'n kontinentale veldtog, Missie 300, aangesluit om 300 miljoen mense teen 2030 aan elektrisiteit te koppel, met die bekendstelling van sy Nasionale Energiepakt onder die inisiatief. Missie 300 is daarop gemik om toegang tot elektrisiteit uit te brei, en Namibië se deelname fokus op landspesifieke hervormings, teikens…
2 Jan 5AM 1 min

Waghond eis dat Joburg se water getoets word

Die voorspraakbeweging Soil of Africa eis onafhanklike watertoetsing met betekenisvolle gemeenskapstoesig in die Stad Johannesburg. Dit volg nadat Johannesburg Water as 'n voorsorgmaatreël met watergehaltetoetse in dele van die middestad begin het, nadat gebruikers oor 'n ongewone reuk in kraanwater gekla het. Die beweging se voorsitter, Bongani Ramontja, het gewaarsku…
2 Jan 5AM 1 min

Meer as 7 000 mense by SA grensposte onderskep

Die grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse weermag het sedert 10 Desember gesamentlik meer as 7 000 mense onderskep wat onwettig probeer het om die land binne te kom. Die meeste hiervan was Zimbabwiese burgers wat die Groblersbrug-grenspos onwettig wou oorsteek. Kommissaris Mike Masiapato het aan die SABC gesê die grensposte by…
2 Jan 3AM 1 min

Mamdani lui nuwe era vir New York in

Die burgemeester van die stad New York, Zohran Mamdani, het 'n nuwe era vir Amerika se grootste stad belowe en onderneem om breedvoerig en met waagmoed te regeer. Die 34-jarige politieke ster en demokratiese sosialis is die stad se eerste Moslem-burgemeester. Hy is Donderdag buite die Stadsaal in Manhattan deur…
2 Jan 2AM 1 min

Verbruikers gaan vanjaar sente moet omdraai

Mervyn Abrahams van die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group spoor huishoudings aan om versigtig te spandeer aangesien die druk van bekostigbaarheid tot in 2026 sal voortduur. Die Huishoudelike Bekostigbaarheidsindeks vir Desember 2025 het 'n daling van 1,5-persent in die voedselmandjiekoste getoon, maar basiese voedselpryse is steeds wisselvallig. Abrahams sê…
2 Jan 1AM 1 min