Woord vir Vandag - 31 Julie 2025

Loading player...
“…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie.” Psalm 84:12 NLV
Pasop vir gierigheid
Gierigheid beroof jou van tevredenheid. Jy blaai deur ‘n dekor-tydskrif en die huis waarvoor jy ‘n uur gelede nog dankbaar was, lyk skielik afgeleef. Of jy sien ‘n advertensie vir ‘n nuwe motor op TV en die kar in jou oprit lyk skielik soos ‘n skedonk. God verwag van jou om doelwitte vir jou lewe te hê en vir jou gesin te voorsien, maar jy moet versigtig wees dat jy nie só na dinge smag dat jy behep daarmee raak nie. Toe Israel oorlog teen Jerigo gevoer het, het God hulle beveel om alles in die stad te vernietig. Later, toe Israel egter die klein dorpie Ai bestorm en ‘n vernederende nederlaag ly, was Josua diep ontsteld. Toe hy God vra waarom hulle die geveg verloor het, het God hom geantwoord dat dit as gevolg van sonde in die Israelitiese kamp was. Toe Josua ondersoek instel, het Akan, een van sy soldate, bely: ‘Ek het tussen die buit pragtige klere… gesien en ook silwer… en ‘n stuk goud…. Ek het dit begeer en toe vir myself gevat…’ (Josua 7:21 NLV). Toe Akan sy sonde probeer wegsteek het deur die gesteelde buit in sy tent weg te steek, het dit sy en sy gesin se lewens gekos. Wanneer jy gierig is, bevraagteken jy God se wysheid, gewilligheid en vermoë om aa jou te voorsien. Wanneer jy graag iets wil hê, bid daaroor en vertrou God om dit vir jou te gee – mits dit volgens sy wil is. Sy Woord verseker ons: ‘…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie.’ Wanneer jou begeerte is om sy wil te doen, beloof Hy: ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê…’ (2 Korintiërs 9:8 NLV).
30 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min