Woord vir Vandag - 3 Aug 2025

Loading player...
“…Wil jy graag gesond word?” Johannes 5:6 NLV
Neem verantwoordelikheid vir jou lewe
Wat ‘n wonderbaarlike vraag het Jesus vir hierdie verlamde man gevra: ‘Wil jy graag gesond word?’ Wie sal nie wil nie! Jy mag dalk verbaas wees. Kay Arthur vertel hoe sy eendag verby ‘n bedelaar in ‘n straat in Jerusalem geloop het. Terwyl hy gesit en bedel het, het hy sy broekspyp opgetrek om die verskriklike sere op sy been te wys. Sy skryf: ‘My verpleegsterhart het my voete tot stilstand gebring. Ek wou afbuk en die oop wonde teen die stof beskerm. Dit moes gewas, ontsmet en verbind word deur iemand wat omgee. My vriendin het my saggies aan my elmboog gevat en weggedraai na ons bestemming toe. Sy het aan my verduidelik dat hierdie man nie gesond gemaak wou word nie. Hy het sy bestaan ​​uit sy wonde gemaak! Toe ek terugkyk, het ek een laaste blik gekry van iemand wat minder was as wat hy kon wees.’ Die man wat hulpeloos langs die waterbad genaamd Betesda gelê het, was al agt en dertig jaar daar. Hoe lank neem dit voordat ‘n probleem ‘n manier van lewe word? Jesus het vir hom gesê: ‘…Staan nou op… en loop!’ (vers 8 NLV), wat impliseer dat dit tyd is om op te staan en aan die werk te spring - om ‘n vader vir jou kinders, ‘n man vir jou vrou, ‘n bydraer tot jou gemeenskap, ‘n oplossing vir iemand anders se probleem te wees - dit is tyd om verantwoordelikheid vir jou lewe te neem. Laat jy jou verlede of jou huidige omstandighede toe om jou vas te hou en jou te verhoed om vorentoe te beweeg? As Jesus jou sou vra: ‘Wil jy emosioneel, fisies en geestelik gesond wees?’ wat sou jou antwoord wees? Laat Jesus jou vandag heelmaak!
2 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min