Mervyn Abrahams van die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group spoor huishoudings aan om versigtig te spandeer aangesien die druk van bekostigbaarheid tot in 2026 sal voortduur. Die Huishoudelike Bekostigbaarheidsindeks vir Desember 2025 het 'n daling van 1,5-persent in die voedselmandjiekoste getoon, maar basiese voedselpryse is steeds wisselvallig. Abrahams sê…
Die DA-leier John Steenhuisen sê sy party is verbind tot die stryd om dringende hervormings binne die regering van nasionale eenheid om te verseker dat geleenthede vir baie Suid-Afrikaners uitgebrei word. Hy het in sy Nuwejaarsboodskap verklaar die DA se prioriteite in 2026 bly duidelik, naamlik dienslewering, werkgeleenthede, veiligheid en…
President Cyril Ramaphosa het herhaal dat die uitroei van korrupsie die regering se eerste prioriteit is. Die Spesiale Ondersoekeenheid en die Batebeslagleggingseenheid het verlede jaar miljarde se gesteelde geld teruggevind, insluitend in die Tembisa-hospitaalskandaal, waar drie gekoördineerde sindikate verantwoordelik was vir die plundering van meer as twee-miljard-rand. Ramaphosa sê gespesialiseerde…
Voortgesette swaar neerslae in groot dele van Namibië het heelwat riviere sterk laat vloei en ‘n vloedwaarskuwing in sekere gebiede is opnuut uitgereik. Meteoroloog Vilho Ndeunyema het die publiek gemaan om weg te bly van rivieroewers, aangesien die grond onstabiel is.
Eenheid, deernis en bedagsaamheid moet 2026 kenmerk, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In ‘n sterk bewoorde Nuwejaarsboodskap waarin sy Namibiërs voorspoed en geluk toewens, het Nandi-Ndaitwah ‘n beroep op burgers gedoen om maatskaplike kwessies soos geslagsgebaseerde geweld, toenemende selfdood, die versorging van bejaardes en die beskerming van weerloses vanjaar met oorgawe…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.