Strategie vir kapitaalmark-uitbreiding uitstekende idee: ekonoom

Loading player...
Namibië mik daarna om sy kapitaalmarkte uit te brei deur 'n 10-jaar strategie wat nuwe beleggingsinstrumente wil bekendstel, notering op die aandelemark verhoog en finansiële infrastruktuur moderniseer. Die plan, gelei deur Namfisa en die Bank van Namibië, teiken onder andere 'n 70 persent toename in geregistreerde beleggers en om gelysde bates op die Namibiese aandelebeurs teen 2035 tot 75 persent van die BBP te verhoog, vanaf die huidige 17,3 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se departement ekonomie gepraat.
31 Jul 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nsfaf-inkomstedrempel vir nie-onderrig befondsing nou N$300 000

Die onderwysministerie het die Nsfaf inkomstedrempel vir nie-onderrigondersteuning van 100 000 Namibiese dollar tot 300 000 dollar verhoog. Dit kom nadat die drempel gekritiseer is omdat dit baie middelinkomstegesinne gediskwalifiseer het en hulle sou nie studente se lewenskoste kon bekostig nie. Onderwysminister Sanet Steenkamp het die aankondiging vanmiddag gemaak.
16 Jan 9AM 1 min

Verlaag belasting ook vir SME's, sê ekonoom

Die 2026 begroting word in Februarie verwag wanneer die Nasionale Vergadering heropen. Die regering het verlede jaar aangekondig ddat hy beplan om korporatiewe belasting van 32 tot 28 persent oor die volgende twee jaar te verlaag. Dit is daarop gemik om beleggings te lok, sakegroei te bevorder en die land…
16 Jan 9AM 1 min

Min stropery en plaasdiefstalle in vakansie, tel weer op

Alhoewel geen groot stropery voorvalle gedurende die feestyd aangeteken is nie, word kommer uitgespreek dat voorvalle toeneem met almal wat van die vakansie terug is. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security gesels wat sê stropery en ander plaasdiefstalvoorvalle duur onverpoosd voort. Hy gee 'n…
16 Jan 8AM 1 min

Kanada se Carney loof nuwe vennootskap met China

Kanada se premier, Mark Carney, het 'n hernude vennootskap met China geprys terwyl hy terselfdertyd pogings aanwend om handelsbande weg van Amerika uit te brei. Die twee lande was jare lank in diplomatieke geskille vasgevang na vergeldings-inhegtenisnemings van mekaar se burgers en 'n reeks handelsgeskille. China is Kanada se tweede…
16 Jan 8AM 1 min

Fourway-informele handelaars kry tydelike markplek

Die Stad Windhoek verwag om teen die einde van hierdie maand 'n tydelike markplek vir die informele handelaars langs die Eneas Peter Nanyemba-pad by Havana Fourway in Katutura te voltooi. Kontrakteurs wat die pad opgradeer, sê dat hulle uitdagings ondervind wat hul werk vertraag, aangesien handelaars hul werk vertraag deur…
16 Jan 7AM 1 min