Maandag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
SPREUKE 1
1Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel.
2Dié spreuke is bedoel
om mense wysheid te leer en hulle te onderrig
sodat hulle sal weet
wanneer iemand verstandig praat.
3So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid.
4Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word,
jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.
5Selfs wyse mense kan na die spreuke luister
en so tot dieper insig kom.
Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer
6om spreuke en sinspelings,
woorde en raaisels van wyse mense te begryp.
7Kennis begin met die dien van die Here;
dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
8My seun, jy moet luister na die onderrig
wat jou vader jou gee;
moenie wat jou moeder jou leer,
verontagsaam nie:
9dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kop
en 'n kettinkie jou hals.
4 Aug 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 8 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” PSALMS 139 U omsluit my van alle kante…
19 Jul 3AM 16 min