Voortgesette swaar neerslae in groot dele van Namibië het heelwat riviere sterk laat vloei en ‘n vloedwaarskuwing in sekere gebiede is opnuut uitgereik. Meteoroloog Vilho Ndeunyema het die publiek gemaan om weg te bly van rivieroewers, aangesien die grond onstabiel is.
Eenheid, deernis en bedagsaamheid moet 2026 kenmerk, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In ‘n sterk bewoorde Nuwejaarsboodskap waarin sy Namibiërs voorspoed en geluk toewens, het Nandi-Ndaitwah ‘n beroep op burgers gedoen om maatskaplike kwessies soos geslagsgebaseerde geweld, toenemende selfdood, die versorging van bejaardes en die beskerming van weerloses vanjaar met oorgawe…
Musikante oral in die land skud hul vere reg om seker te maak Namibiërs neem vanaand op ‘n feestelike manier afskeid van 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met King Tee Dee, ook bekend as The Dogg, gesels en ‘n spesiale boodskap van hom gekry:
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die wêreld staan by ʼn kruispad en waarsku dat konflik, klimaatsverandering en sistemiese skending van internasionale wette wêreldwyd vertroue in leiers ondermyn. In sy Nuwejaarsboodskap benadruk hy die omvang van lyding in die wêreld. Hy sê meer as ʼn kwart van die…
Soos miljoene mense wêreldwyd, roep Namibiërs vanaand 2025 vaarwel. Oujaarpret is ‘n gegewe, maar verantwoordelikheid en bedagsaamheid moet wagwoorde wees, veral wanneer dit by vuurwerke kom. Die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, Harold Akwenya, gee riglyne:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.