Van Pamela Anderson tot Plaasgeheime en 'n Ode aan Vroue

Loading player...
In hierdie week se KLETS is dit ’n storie van onthullings, vergange glorie, vrouens.

Saai verklap waar News24 die akkers begrawe het. Die saadjie van die waarheid is geplant, nou wag ons vir iets om te groei… of bars.

Pamela Anderson, voormalige “see babe" van die wêreld, is nou weer “found”! Nie in ’n rooi swembroek nie, maar in eenvoud, sonder grimeer, en met meer siel as silicone. Dis ’n les in selfbeeld en liefde wat dalk net pas op die vooraand van Vrouedag.

En dan, terwyl R1 triljoen rand sedert 1994 tussen minder as 100 mense gesirkuleer het (ja, dis nie ’n typo nie – 12 nulle, minder as 100 mense), besef jy skielik dat die begroting van jou huishouding nie die probleem is nie.

Ons praat ook oor tyd:

’n Baba is pas gebore wat tegnies die oudste “gebore” baba in die wêreld is - ’n wetenskaplike kopknouer,
terwyl ons afskeid neem van Suid-Afrika se oudste vrou, ’n eerlike en eenvoudige lewe wat oor ’n eeu gestrek het.

Met 9 Augustus op die horison vier ons Vrouedag. Nie met “glitter" en bubbly" nie, maar met ’n ware ode aan vroue. Die doeners en die draers-van-alles-en-almal. Want in ’n land wat dikwels sy vroue misken en versaak, sê ons vandag: Ons sien julle. Ons vier julle.

So kom luister, lag, wonder en onthou want soms lê die grootste stories in die kleinste nuusberigte.
6 Aug 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min

Slange, Spuite en Sondige Sente

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-253-slange-spuite-en-sondige-sente/ Iewers in China het 'n vloed 'n slangplaas oopgebreek, en nou is "swem met die plaaslike fauna" nie meer 'n opsie nie, dis 'n werklikheid. Ozempic maak jou skraler, sê die advertensies. Die nuutste studies belowe jou 'n paar ander verrassings wat niemand…
15 Jul 53 min

Lyste en Lastige Goggas

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/lyste-en-lastige-goggas/ Colene is terug van die Kaap. Party mense is 'n walking buffet vir muskiete, jou "bierpens" kan dit moontlik verduidelik. Maar dit klink darem onskuldig langs die vrou wat agterkom sy het 38 parasiete in haar brein gehad. Dis nie 'n getal nie,…
8 Jul 1 hr 03 min

Dis Nie Genoeg Nie, al Bly Ons Vriendelik

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/dis-nie-genoeg-nie-al-bly-ons-vriendelik/ Dis 1 Julie 2026. Dis winter, en ook presies die middel van die jaar. Ons be-klets die 30 Junie-opstande: waar lê die menswaardigheid, waar lê die deernis, en was die optogte eintlik die moeite werd? Of is Suid-Afrika môre net weer presies soos…
1 Jul 48 min

Voëls, Buste en die Blou Reshuffle

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/voels-buste-en-die-blou-reshuffle/ Colene is in die Kaap. Die land van melk en heuning. Die DA het ook so 'n belofte gemaak. Hierdie week het hulle net besluit party mense kry die melk, party kry die heuning, en party kry die deur. Steenhuisen is gedemote, ander…
24 Jun 52 min