Donderdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
SPREUKE 4
1Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte;
slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is,
2want wat ek julle leer, is goed;
moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.
3Ek was ook eenkeer 'n kind,
my moeder se oogappel, haar enigste.
4My vader het my toe ook geleer en vir my gesê:
“Wat ek jou sê, moet jy vashou,
my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe.
5Sorg dat jy wysheid bekom, en insig!
Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;
6maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm;
as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.
7Die wysheid kom eerste.
Sorg dat jy wysheid bekom,
gee alles wat jy het, om insig te kry!
8Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee.
Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp.
9Dit sal jou lewe versier,
dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.”
7 Aug 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 8 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” PSALMS 139 U omsluit my van alle kante…
19 Jul 3AM 16 min