Woord vir Vandag - 9 Aug 2025

Loading player...
“Wie anders tog as julle is… die kroon op ons werk waarop ons trots sal wees wanneer ons met sy wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn?” 1 Tessalonisense 2:19 AFR83

Die vyf krone (2)

Die tweede kroon wat in die Skrif genoem word is die kroon van blydskap. Dit word aan diegene wat daarna streef om ander mense na Christus te lei, gegee. Die agtergrond van bogenoemde Skrifgedeelte word in Handelinge 17 beskryf, wat die verhaal van Paulus wat in Tessalonika aankom, vertel. Hy het na die sinagoge toe gegaan en ‘…op drie Sabbatdae na mekaar uit die Skrifte met die Jode geredeneer. Hy het die Skrif verklaar en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood opstaan. ‘Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,’ het hy gesê, ‘Hý is die Messias’’ (verse 2-3 NLV). Sommige van sy toehoorders het hulle bekeer, insluitend ‘n groot menigte vroom Grieke en ‘n aantal vooraanstaande vroue. Gevolglik is ‘n kerk daar gestig. Toe Paulus later aan hulle skryf, het hy gesê dat hulle sy kroon sou wees wanneer Christus terugkeer. Ons moet almal Bill Bright se voorbeeld volg; hy was in die twintigste eeu een van die grootste werwers van siele vir Christus. Hy het sy geheim gedeel: ‘Alhoewel ek deur die jare persoonlik Christus met baie duisende mense gedeel het, is ek ‘n taamlik teruggetrokke persoon en vind ek dit nie altyd maklik om te getuig nie. Ek het egter die volgende gedoen en ek moedig jou aan om dieselfde te doen: Aanvaar dat wanneer jy vir meer as ‘n paar oomblikke alleen saam met ‘n ander persoon is, jy daar op goddelike afspraak is om die liefde en vergifnis wat hy [of sy] deur geloof in Jesus Christus kan ken te verduidelik.’ Wanneer laas het jy die evangelie met iemand gedeel? Wanneer jy dit doen, berei God vir jou ‘n kroon van blydskap voor.
7 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min