Woord vir Vandag - 11 Aug 2025

Loading player...
“…Wees net getrou tot die dood toe, en Ek sal aan julle die kroon van die lewe gee.” Openbaring 2:10 NLV

Die vyf krone (4)

Die vierde kroon is die kroon van die lewe. Twee verskillende verse maak melding daarvan: ‘Geseënd is die man wat versoeking verdra, want as hy beproef word, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet’ (Jakobus 1:12 KAB23). ‘…Wees net getrou tot die dood toe, en Ek sal aan julle die kroon van die lewe gee.’ ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Die kroon van die lewe word gegee in erkenning aan die volharding en oorwinning oor versoeking en beproewing, selfs tot die punt van martelaarskap. Ons word deur ons liefde vir Christus gemotiveer en ons volhard en gee nooit op nie totdat Hy ons huis toe neem. Byna elke boek in die Nuwe Testament is aan gelowiges, wat in gevaar van martelaarskap geleef het, geskryf. Die apostels het hulle aangeraai om te volhard sodat hulle die kroon van die lewe kan ontvang.’ Deesdae leef ons in een van die intenste tydperke van vervolging in die geskiedenis van die kerk. Geopende Deure, ‘n organisasie wat vervolging monitor, het in 2017 berig dat vervolging elke jaar erger word, dat honderd persent van Christene in een-en-twintig lande regoor die wêreld vervolging as gevolg van hul geloof in Christus ervaar en meer as 215 miljoen Christene ‘hoë vlakke’ van vervolging in die gesig staar. Byna een uit elke twaalf Christene woon deesdae in ‘n land of kultuur waarin Christenskap onwettig of verbode is en waar dit gestraf word.’ Die Bybel sê: ‘Ja, en almal wat ‘n toegewyde lewe in Christus Jesus wil lei, sal vervolging te beurt val’ (2 Timoteus 3:12 NLV). Die goeie nuus is egter dat dit elkeen van ons ‘n wonderlike geleentheid gee om die kroon van die lewe op te eis.
7 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min