#ALT-Fokus – Robbie Wessels | 7 Augustus

Loading player...
Daar is geen ander kunstenaar wat meer gepas is om #ALT-Fokus se ALT-gustus af te skop as Robbie Wessels nie. Venita plaas die #HOOF-Fokus op die 20-jaar-herdenking van sy album My vissermanvriend se pa en bou op na die 20-jaar viering van sy 2006-album Halley se Komeet. Venita en Robbie gaan terug in tyd en gesels oor alles — van waar sy liefde vir musiek verander het in ’n loopbaan, tot sy passie vir films en produksies, en sy nuutste enkelsnit Racheltjie de Beer.
7 Aug 2025 English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#WeeksdaeVibesMetVenita - Chris Karl | 14 Julie

Dis sy heel eerste radio onderhoud en #WeeksdaeVibes met Venita het die voorreg om die man agter die musiek beter te leer ken. Chris Karl vertel meer oor die storie agter sy enkelsnit 'Vivo' en waarop dit vir hom soos huis voel. 
14 Jul 28 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Andriëtte Norman | 13 Julie 

Andriëtte gesels met Venita oor haar Top 4 wat sy gekies het vir die FAK Skryf'it - liedjieskryfkompetisie. Sy vertel waarom hierdie vier vir haar uitgestaan het, en wat haar denkwyse as ghoeroe vir hierdie jaar is.
13 Jul 10 min

#ALT-Fokus met Venita - Lowell | 9 Julie

Venita gesels met Lowell (Grant Garcia) in sy heel eerste Suid-Afrikaanse onderhoud! Hy vertek oor sy reis as akteur, filmmaker en musikant, die storie agter sy debuut-enkelsnit "July", én sy eerste EP, "Learning To Drive."
9 Jul 26 min