Hawala-kwessie moet reg hanteer word: ontleder

Loading player...
Die bekende politieke ontleder professor Andre Duvenhage het sy stem bygevoeg tot die afsterwe van die voormalige weermaghoof luitenant-generaal Solomon Hawala. Hawala was ook aan die stuur van sake by Swapo se Lubango-kerkers wat uiters omstrede in die land is, veral met die regerende party wat doodstil is daaroor. Duvenhage gesels oor of Namibië ook soos Suid-Afrika iets soos 'n Waarheid- en Versoeningskommissie moes gehad het om sulke kwessies aan te spreek.
14 Aug 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwejaarswense van King Tee Dee

Musikante oral in die land skud hul vere reg om seker te maak Namibiërs neem vanaand op ‘n feestelike manier afskeid van 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met King Tee Dee, ook bekend as The Dogg, gesels en ‘n spesiale boodskap van hom gekry:
31 Dec 2025 5AM 1 min

Wêreld moet gesindheid verander, sê VN-hoof

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die wêreld staan by ʼn kruispad en waarsku dat konflik, klimaatsverandering en sistemiese skending van internasionale wette wêreldwyd vertroue in leiers ondermyn. In sy Nuwejaarsboodskap benadruk hy die omvang van lyding in die wêreld. Hy sê meer as ʼn kwart van die…
31 Dec 2025 3AM 1 min

Geniet Oujaar, maar pasop vir vuurwerke!

Soos miljoene mense wêreldwyd, roep Namibiërs vanaand 2025 vaarwel. Oujaarpret is ‘n gegewe, maar verantwoordelikheid en bedagsaamheid moet wagwoorde wees, veral wanneer dit by vuurwerke kom. Die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, Harold Akwenya, gee riglyne:
31 Dec 2025 1AM 1 min

Sokker: Bafana moet Afcon-sokkies optrek, sê Foster

Bafana Bafana-doelskieter Lyle Foster sê die span moet foute wat in hul wedstryd teen Zimbabwe gemaak is, regstel in hulle voorbereiding vir die Ronde van 16 in die 2025 Afrikabekertoernooi. Suid-Afrika sal teen die naaswenners van Groep F in die uitklopfase te staan kom. Foster sê dit is belangrik om…
30 Dec 2025 11PM 1 min

Albanese verdedig regering se optrede ná Bondi

Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het sy regering se optrede in verband met anti-Semitisme ná die Bondi Beach-terreuraanval verdedig. Hy is gestriem oor sy hantering van die aanval waarin 15 mense dood is. Die opposisie beskuldig hom dat hy die slagoffers se families beledig deur nie ʼn koninklike kommissie…
30 Dec 2025 6AM 1 min