Musikante oral in die land skud hul vere reg om seker te maak Namibiërs neem vanaand op ‘n feestelike manier afskeid van 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met King Tee Dee, ook bekend as The Dogg, gesels en ‘n spesiale boodskap van hom gekry:
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die wêreld staan by ʼn kruispad en waarsku dat konflik, klimaatsverandering en sistemiese skending van internasionale wette wêreldwyd vertroue in leiers ondermyn. In sy Nuwejaarsboodskap benadruk hy die omvang van lyding in die wêreld. Hy sê meer as ʼn kwart van die…
Soos miljoene mense wêreldwyd, roep Namibiërs vanaand 2025 vaarwel. Oujaarpret is ‘n gegewe, maar verantwoordelikheid en bedagsaamheid moet wagwoorde wees, veral wanneer dit by vuurwerke kom. Die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, Harold Akwenya, gee riglyne:
Bafana Bafana-doelskieter Lyle Foster sê die span moet foute wat in hul wedstryd teen Zimbabwe gemaak is, regstel in hulle voorbereiding vir die Ronde van 16 in die 2025 Afrikabekertoernooi. Suid-Afrika sal teen die naaswenners van Groep F in die uitklopfase te staan kom. Foster sê dit is belangrik om…
Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het sy regering se optrede in verband met anti-Semitisme ná die Bondi Beach-terreuraanval verdedig. Hy is gestriem oor sy hantering van die aanval waarin 15 mense dood is. Die opposisie beskuldig hom dat hy die slagoffers se families beledig deur nie ʼn koninklike kommissie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.