Eskom loods herwinbare energie-onttrekkingsprogram

Loading player...
Eskom het sy eerste herwinbare energie-onttrekkingsprogram bekend gestel deur groot kragverbruikers te nooi om 291-megawatt sonkrag te bekom. Dis deur langtermyn kragaankoop-ooreenkomste van die kragverskaffer se herwinbare energie-aanlegte. Dis deel van Eskom se voortgesette ontwikkeling van 'n gebalanseerde enegiemengsel wat uit steenkool, kernkrag, gas, herwinbare en energie-opberging bestaan. Die kragverskaffer se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die program wys hul verbintenis tot vernuwing en om 'n skoner en sterker toekoms in energie te bou:
19 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwejaarswense van King Tee Dee

Musikante oral in die land skud hul vere reg om seker te maak Namibiërs neem vanaand op ‘n feestelike manier afskeid van 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met King Tee Dee, ook bekend as The Dogg, gesels en ‘n spesiale boodskap van hom gekry:
31 Dec 5AM 1 min

Wêreld moet gesindheid verander, sê VN-hoof

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die wêreld staan by ʼn kruispad en waarsku dat konflik, klimaatsverandering en sistemiese skending van internasionale wette wêreldwyd vertroue in leiers ondermyn. In sy Nuwejaarsboodskap benadruk hy die omvang van lyding in die wêreld. Hy sê meer as ʼn kwart van die…
31 Dec 3AM 1 min

Geniet Oujaar, maar pasop vir vuurwerke!

Soos miljoene mense wêreldwyd, roep Namibiërs vanaand 2025 vaarwel. Oujaarpret is ‘n gegewe, maar verantwoordelikheid en bedagsaamheid moet wagwoorde wees, veral wanneer dit by vuurwerke kom. Die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, Harold Akwenya, gee riglyne:
31 Dec 1AM 1 min

Sokker: Bafana moet Afcon-sokkies optrek, sê Foster

Bafana Bafana-doelskieter Lyle Foster sê die span moet foute wat in hul wedstryd teen Zimbabwe gemaak is, regstel in hulle voorbereiding vir die Ronde van 16 in die 2025 Afrikabekertoernooi. Suid-Afrika sal teen die naaswenners van Groep F in die uitklopfase te staan kom. Foster sê dit is belangrik om…
30 Dec 11PM 1 min

Albanese verdedig regering se optrede ná Bondi

Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het sy regering se optrede in verband met anti-Semitisme ná die Bondi Beach-terreuraanval verdedig. Hy is gestriem oor sy hantering van die aanval waarin 15 mense dood is. Die opposisie beskuldig hom dat hy die slagoffers se families beledig deur nie ʼn koninklike kommissie…
30 Dec 6AM 1 min