Sandton het nie water nie maar G20 voorbereidings kry aandag

Loading player...
Die DA sê Sandton-inwoners het 'n ernstige watertekort terwyl die roete vir die G20-beraad spesiale aandag kry. Volgens die party, het baie huise en besighede nie water nie, maar beamptes is besig om die Sandton langs die G20 roete in Sandton te inspekteer vir internasionale optiese kabels. Leah Potgieter van die DA vra die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, om 'n deursigtige instandhoudingrooster op te stel sodat alle gebiede regverdig behandel word:
20 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wêreld moet gesindheid verander, sê VN-hoof

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die wêreld staan by ʼn kruispad en waarsku dat konflik, klimaatsverandering en sistemiese skending van internasionale wette wêreldwyd vertroue in leiers ondermyn. In sy Nuwejaarsboodskap benadruk hy die omvang van lyding in die wêreld. Hy sê meer as ʼn kwart van die…
31 Dec 3AM 1 min

Geniet Oujaar, maar pasop vir vuurwerke!

Soos miljoene mense wêreldwyd, roep Namibiërs vanaand 2025 vaarwel. Oujaarpret is ‘n gegewe, maar verantwoordelikheid en bedagsaamheid moet wagwoorde wees, veral wanneer dit by vuurwerke kom. Die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, Harold Akwenya, gee riglyne:
31 Dec 1AM 1 min

Sokker: Bafana moet Afcon-sokkies optrek, sê Foster

Bafana Bafana-doelskieter Lyle Foster sê die span moet foute wat in hul wedstryd teen Zimbabwe gemaak is, regstel in hulle voorbereiding vir die Ronde van 16 in die 2025 Afrikabekertoernooi. Suid-Afrika sal teen die naaswenners van Groep F in die uitklopfase te staan kom. Foster sê dit is belangrik om…
30 Dec 11PM 1 min

Albanese verdedig regering se optrede ná Bondi

Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het sy regering se optrede in verband met anti-Semitisme ná die Bondi Beach-terreuraanval verdedig. Hy is gestriem oor sy hantering van die aanval waarin 15 mense dood is. Die opposisie beskuldig hom dat hy die slagoffers se families beledig deur nie ʼn koninklike kommissie…
30 Dec 6AM 1 min

Swakop vier Nuwejaar naby Paddock-tuine

Die munisipaliteit van Swakopmund het aangekondig dat hul nuwejaarsvieringe by die strand naby die Paddock tuine in Vineta aangebied sal word. Dit is gratis vir almal maar vakansiegangers word gemaan om nie te drink by die vieringe nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa.
30 Dec 4AM 1 min